Bergbron Gereformeerde Kerk Preke show

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

Summary: Preekopnames van Bergbron Gereformeerde Kerk se eredienste. Bergbron is ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en Bevryding Om mense hulle identiteit in Christus te laat ontdek omdat Christus hulle vrygemaak het om werklik in oorwinning te kan lewe tot eer van God.

Join Now to Subscribe to this Podcast
  • Visit Website
  • RSS
  • Artist: Gereformeerde kerk Bergbron
  • Copyright: Gereformeerde kerk Bergbron

Podcasts:

 Woensdag 13 Oktober 2021 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:05:53

'n Bemoedigende boodskap uit 1 Pet 2:13-17 met die tema: Wees onderdanig.

 Sondag 10 Oktober 2021 Christiaan Mulder | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:22:23

Lees: Filemon en Eksodus 21 Gemeenskap van heiliges, tree ons vir mekaar in die bres?

 Sondag 3 Oktober 2021 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:29:07

Lees: Matt 8:14-17. Fokus: Matt 8:16,17. Jesus het ons lyding op Hom geneem en ons siektes gedra. Jesus het met sy koms na die aarde nie net geestelik versoening kom doen vir ons sondes nie, maar ook die fisiese implikasies van die sonde op Homself geneem. “Ek is die HERE wat jou gesond maak” – Jahweh Rapha (Eks 15:26). Die inhoud van Jesus se prediking: Die Koninkryk het naby gekom. “Genadegawes van gesondmaking deur die een Gees” (1 Kor 12:9) – want Jesus het ons lyding opHom geneem en ons siektes gedra. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Wat beteken die volgende vir jou: “Hy het ons lyding (krankhede) op Hom geneem, ons siektes het Hy gedra” (Mat 8:17)? Watter implikasie het Jesus se boodskap dat die Koninkryk het naby gekom op genesing van siekes? Het jy al die Heilige Gees se “genadegawes van gesondmaking” beleef?

 Sondag 26 September 2021 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:38:41

Lees: Lukas 16: 1-13 Fokusvers: Luk. 16: 8, 9 Vermensliking van die lewe. 1. Lesse uit die wysheid van wêreldse mense (vers 8). Hierdie oneerlike bestuurder het geleef met die oog op die toekoms en het daarom vooruit beplan. Sukses in enigiets vra vasberadenheid en toewyding. 2. Gebruik geld tot vermensliking van die lewe (vers 9). Breek die mag wat mammon dalk kan hê in jou lewe deur geld en besittings te gebruik vir God se doel. Dit is die verstandige, in die lig van God se beoordeling van ons lewens, om teen die versaakliking van dielewe in te beweeg in die rigting van die vermensliking van die lewe.Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Verduidelik die lesse wat ons kan leer uit die wêreldse wysheid van die oneerlike bestuurder. Hoe kan ek die houvas van Mammon op my lewe breek? Wat is die “vermensliking” van die lewe?

 Sondag 19 September 2021 Geopende Deure | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:34:47

Geopende Deure bring Sondag die boodskap en getuienis aangaande die Vervolgde Kerk. Lees: Psalm 149. Fokus: Psalm 149:1. Vir meer inligting oor Geopende Deure besoek hulle webblad.

 Sondag 12 September 2021 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:29:22

Lees: Spreuke 13:20-25. Fokus: Spreuke 13:22. Wees ‘n regverdige in die hantering van jou geld en besittings. Twee belangrike beginsels om ‘n “regverdige” te wees in die hantering van jou geld en besittings: Erken God as Eienaar en wees sy rentmeester. Verbind jou tot ‘n skuld-vrye lewe (vgl Psalm 37:21). Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Wie is die “sondaar” en “regverdige” volgens Spreuke 13:22? Wie is die “goddelose” en “regverdige” volgens Dawid in die hantering van geld en rykdomme?(vgl Psalm 37:21) Hoe vind welvaart oordraging plaas tydens ekonomiese insinking?

 Woensdag 8 September 2021 Jacques Moolman | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:04:40

'n Bemoedigende boodskap deur ouderling Jacques Moolman.

 Sondag 5 September 2021 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:39:19

Lees: Jos 6:1-21. Fokus: Jos 6:2,3. Geloof wat hindernisse laat val. Die Here belowe in vers 2 dat Hy alreeds Jerigo in Josua se hande oorgegee het (perfektum tydsvorm). 1. Hindernisse wat geloof laat val. Veertig jaar terug reageer 10 verkenners met ‘n selfgerigte lewe en rapporteer: “Nee, ons kan nieteen daardie mense optrek nie, want hulle is sterker as ons”(Num 13:31). ‘n Selfgerigte lewe laat jou terugval in ‘n eentonige roetine bestaan van oorlewing. 2. Geloof wat hindernisse laat val. Vir 7 dae het hulle in stilte gefokus op die Here se teenwoordigheid en dat Hy belowe het datJerigo alreeds in hulle mag is. Jy moet eers glo dat God se beloftes vir jou waar is in Jesus (2 Kor 1:19,20) voordat jy dit sal ontvang. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Watter hindernis het die Israeliete 40 jaar tevore verhinder om die beloofde land in te neem? Wat is baie keer die gevolg van ‘n selfgerigte lewe? (Num 14:2-4) Hoekom moes die Israeliete eers vir 7 dae om Jerigo loop voordat die mure inmekaar gestort het? Hoekom moes hulle in stilte agter die ark loop om Jerigo? (vgl Jos 6:10,11)

 Sondag 29 Augustus 2021 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:26:45

Lees: Jos 5:2-15. Fokus: Jos 5:13-15. Is jy aan God se kant?> Hierdie vraag van Josua of God aan ons kant is, is eintlik ‘n misleidende en verkeerde vraag. Josua het die aanvoerder van die leër van die Here die verkeerde vraag gevra. Die vraag is nie of God aan ons kant is nie. Die regte vraag is: Is ons aan God se kant? Die vraag is nie of God Hom sal onderwerp aan jou saak en begeertes nie. Die vraag is of jy jou sal onderwerp aan God? Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Hoekom het Josua die aanvoerder van die leër van die Here die verkeerde vraag gevra? Hoe het Josua gereageer op die antwoord van die aanvoerder van die leër van die Here? Hoe kom ons aan God se kant?

 Sondag 22 Augustus 2021 Christiaan Mulder | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:23:36

Lees: 1 Korintiërs 1: 26 – 2: 5 Die kragtige werking van die Gees

 Woensdag 18 Augustus 2021 Gert van Straaten | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:08:22

'n Bemoedigende boodskap deur ouderling Gert van Straaten uit Jakobus 1:2-8.

 Sondag15 Augustus 2021 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:32:25

p>Ontvang en deel God se liefde uit deur jouself reg lief te hê in Christus. Lees: Mat 22:34-40 en Ef 5:1-5. Fokus: Ef 5:1,2. 1. Verkeerde selfliefde. Hoogmoedig net dele gee aan God. Eksperimenteerders. Oop-Bybel-Christene. Uit die wêreld-Christene. 2. Regte selfliefde. Om tot regte selfliefde te kom, is dit vir baie Christene eers nodig om hulleself te vergewe. Die regte selfliefde is liefde wat gegrond is in Jesus Christus. Selfaanvaarding en selftevredenheid is wanneer jy graag wil hê wat jy alreeds besit. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Hoekom is God nie tevrede met net groter dele van ons lewens nie? Op watter maniere gee ons net dele van ons lewens aan God? Wat beteken dit om jouself reg lief te hê in Jesus Christus? Wat is God se maatstaf vir selfaanvaarding en selftevredenheid?

 Sondag 8 Augustus 2021 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:33:58

Lees: Mark 12:28-34. Fokus: Mark 12:31. Die Groot Gebod is om tweedens gemeenskap te hê met medegelowiges. As jy werklik God liefhet (Hom aanbid), dan sal jy ook God se familie liefhê deur gemeenskap met medegelowiges te hê. ‘n Kerkfamilie is deel van ‘n ware gelowige. ‘n Kerkfamilie red jou van selfgesentreerde isolasie. ‘n Kerkfamilie help jou om geestelike gespierdheid te bou. Christus se liggaam het jou nodig. ‘n Kerkfamilie maak jou deel van Christus se missie in die wêreld. ‘n Kerkfamilie help ons om nie afvallig te word nie. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Wat is die verband tussen aanbidding van God en gemeenskap met medegelowiges? Verduidelik ‘n aantal redes waarom dit so belangrik is om ‘n toegewyde en aktiewe lid van ‘n plaaslike gemeente te wees.

 Woensdag 4 Augustus 2021 Christiaan Mulder | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:07:00

'n Bemoedigende boodskap uit Romeine 11 en 12 deur ouderling Christiaan Mulder.

 Sondag 1 Augustus 2021 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:39:37

Lees: Mark 12:28-34. Fokus: Mark 12:29-31. Die Groot Gebod is om eerstens God te aanbid. 1. Die wese van aanbidding. Aanbidding is my reaksie op God se liefde. Aanbidding is om liefde terug te gee aan God. 2. Die praktyk van aanbidding. Aanbidding is om my aandag op God te fokus. Aanbidding is om my gevoelens teenoor God uit te druk. Aanbidding is om my vermoëns vir God te gebruik. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Wat is die wese van aanbidding? Wat beteken dit om God lief te hê met jou hele verstand? Wat beteken dit om God lief te hê met jou hele hart en siel? Wat beteken dit om God lief te hê met al jou krag?

Comments

Login or signup comment.