Bergbron Gereformeerde Kerk Preke show

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

Summary: Preekopnames van Bergbron Gereformeerde Kerk se eredienste. Bergbron is ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en Bevryding Om mense hulle identiteit in Christus te laat ontdek omdat Christus hulle vrygemaak het om werklik in oorwinning te kan lewe tot eer van God.

Join Now to Subscribe to this Podcast
  • Visit Website
  • RSS
  • Artist: Gereformeerde kerk Bergbron
  • Copyright: Gereformeerde kerk Bergbron

Podcasts:

 Sondag 23 April 2023 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:43:31

Lees: Gen 2:25-3:21 en Eks 28:1-6.Fokus: Gen 2:25, 3:21. God bedek ons skaamte met ‘n koninklike priesterkleed. Die velle van diere het Adam en Eva se naaktheid bedek (Gen 3:21), maar het hulle nie gereinig nie en dit het ook nie skoonheid verskaf nie. Die priesters se klere het reiniging veronderstel en het die draers afgesonder en geheilig vir God (Eks 28:1-6). Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Wat beteken dit dat Adam en Eva se oë na die sondeval oopgegaan het? Waaraan herinner velklere die draers aan? Beskryf God se “makeover” van velklere na priesterlike kleed. Wat is die relevansie van die priesterlike klere vir ons vandag? Hoe vernietig Christus se koninklike priesterkleed skaamte in jou lewe?

 Sondag 9 April 2023 Christiaan Mulder | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:31:06

Lees Lukas 24:1-12 Die Graf is leeg!

 Goeie Vrydag 7 April 2023 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:46:36

Lees: Mark 15: 21-41. Fokus: Mark 15: 39. Jesus sterf as die Messias, die Seun van God.

 Sondag 2 April 2023 Christiaan Mulder | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:42:15

Lees: 2 Konings 19Getrou bly, geduld... genade.

 Sondag 26 Maart 2023 Nico van der Walt | File Type: audio/mpeg | Duration: 01:02:17

Lees: Openbaring 6: 12 - 17Die dag van die wederkoms.

 Sondag 19 Maart 2023 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:52:30

Lees: Joh 4:1-26.Fokus: Joh 4:26.Voldoende geloof is om Jesus raak te sien vir wie Hy werklik is.

 Sondag 12 Maart 2023 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:36:23

Lees: Joh 2:23 – Joh 3:21. Fokus: Joh 3:1-8. Jy is opnuut gebore om werklik in Jesus Christus te glo. Alhoewel Nikodemus tydens hierdie gesprek nog maar net ‘n wonderwerk geloof gehad het en daarom nie heeltemal verstaan het waarvan Jesus praat nie, kan ons tog die effek van die wedergeboorte later in sy lewe raaksien. Uit liefde vir God verander Nikodemus van ‘n bang nagdissipel in ‘n openlike navolger van Jesus Christus. So ‘n radikale verandering kan God alleen doen. Dit moet ‘n ingrype van bo wees wat jou lewe radikaal verander. Paasfees kom stel Christus sentraal in die weergebore mens se lewe. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Waarom praat Jesus met Nikodemus oor wedergeboorte? Wat is die 2 voorwaardes om in God se koninkryk te kom en hoekom? Wat is die effek van wedergeboorte op die gelowige se lewe?

 Sondag 5 Maart 2023 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:38:08

Lees: Psalm 2. Fokus: Psalm 2:4. Die Here lag vir die wêreldmagte. Al raas die volkere ook hoe en al is hulle ook hoe opstandig, God se saak sal bly voortbestaan. Dit is die evangelie van Psalm 2 (vers 4): God lag! Hy sien die opstand van die volkere en hulle maghebbers. Dit is geen finale werklikheid nie. Die laaste werklikheid is die koninkryk van God. Lig verdryf altyd duisternis. Geen duisternis kan lig verdryf nie. Die koninkryk van God kom en niks kan dit stuit nie. Daarom lag God vir hulle manewales. Dit is die evangelie. Die evangelie is die van lag. God se lag! Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Beskryf die inhoud van die evangelie boodskap van Psalm 2 vers 4: God lag! Wie is die eintlike gesalfde in wie die koninkryk van God finaal sou kom? Wat beteken geloof in die konteks van Psalm 2?

 Sondag 26 Februarie 2023 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:38:57

Lees: Kol 2:6-15. Fokus: Kol 2:6 (1953 AV). Bergbron missie: Wandel in Christus (vlak 3 dissipelskap). (Bergbron visie: ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en Bevryding) Die derde vlak van dissipelskap gaan nie oor wat ek behoort te doen om te wandel in Christus nie, maar oor wat ek behoort te wees om te wandel in Christus. Dit behels die volgende: Geestelik – dit is belangrik om sensitief te wees vir die leiding van die Heilige Gees as ons suksesvol wilwandel in Christus. Geestelike onderskeidingsvermoë is die eerste lyn van verdediging in geestelike oorlogvoering. Verstandelik – ‘n volwasse dissipel van Jesus sal altyd erken – hoe meer hy God leer ken, hoe meer afhanklik raak hy van God. Hoe meer besef hy hoe nodig hy God het. Emosioneel – ‘n volwasse gelowige leer om in alle omstandighede vergenoeg/tevrede te wees (Fil 4:11).Gelowiges op vlak 3 dissipelskap het daarom voortdurend ‘n behoefte aan bemoediging. Wil – suksesvolle wandel in Christus hang nou af van die dissiplinering van jou wil. Die gedissiplineerdepersoon is ‘n Geesvervulde persoon wat daarna streef om al sy behoeftes in Christus te bevredig. Verhoudings – ‘n volwasse gelowige lewe nie meer vir hom- of haarself nie, maar vir ander. Traumatiese ervarings kan jou weer laat worstel met krisisse van vlak 1, 2 en 3 dissipelskap. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Watter vlakke van dissipelskap kan jy onderskei volgens Kol 2:6-10 en wat beteken elkeen? Behels vlak 3 dissipelskap hoofsaaklik uiterlike dade? Wat kan die effek van traumatiese ervarings wees op ‘n vlak 3 dissipel? Op watter vlak van dissipelskap is jyself en ‘n persoon wat jy begelei as dissipel? Hoe weet jy watter vlakjyself is en ‘n persoon wat jy begelei?

 Sondag 19 Februarie 2023 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:38:19

Lees: Kol 2:6-15. Fokus: Kol 2:7 (1953 AV). Bergbron missie: Groei tot volwassenheid om meer soos Jesus te wees (vlak 2 dissipelskap). (Bergbron visie: ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en Bevryding) Die tweede doel van dissipelskap is om God se doel van heiligmaking te aanvaar en te groei om meer soos Christus te wees. Dit beteken: Verstandelik – begelei Christene om hulle denke te dissiplineer om God se waarheid in Christus te glo. Geestelik – help hulle om te leer hoe om te wandel volgens die Gees en deur geloof. Emosioneel – help hulle om ontsla te raak van die emosionele wipplank deur hulle gedagtes te fokus opGod in plaas van op hulle omstandighede. Wil – bemoedig ‘n vlak 2 dissipel om selfbeheersing aan te leer. Verhoudings – daag hulle uit om persoonlike probleme op te los deur ander te vergewe en vergifnis te soek. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Watter vlakke van dissipelskap kan jy onderskei volgens Kol 2:6-10 en wat beteken elkeen? Waar is die hoofslagveld waar die stryd gevoer word teen Satan en al sy magte? Wat is die eerste stap om te kan beweeg tot ‘n vlak 2 dissipel wat groei tot volwassenheid in Christus? Op watter vlak van dissipelskap is jyself en ‘n persoon wat jy begelei as dissipel? Hoe weet jy watter vlak jyself is en ‘n persoon wat jy begelei?

 Sondag 12 Februarie 2023 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:43:50

Lees: Jes 61:1-3 en Kol 2:6-15. Fokus: Kol 2:10 (1953 AV). Bergbron missie: Vestiging van volkome identiteit in Christus (vlak 1 dissipelskap). (Bergbron visie: ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en Bevryding) Die eerste doel van dissipelskap is om ‘n persoon se identiteit in Christus te vestig. Dit behels die volgende: Geestelik: saligheid of sekerheid oor saligheid ontbreek – lei mense na Christus en begelei hulle deurrelevante Skrifgedeeltes tot sekerheid van hulle saligheid. Verstandelik: denke is nog verduister – begelei mense tot ‘n ware kennis van God en wie hulle is in Christus. Leer hulle om God se weë te kan identifiseer. Emosioneel: vrees gedrewe – verander vrees vir mense en die dood as mense se basiese dryfveer in hulle lewens na die vrees van God as dryfveer. Wil: in rebellie teen God – help mense om die maniere te sien waarop hulle nog steeds God probeer speel en ook op watter maniere hulle in rebellie is teen God se outoriteit. Verhoudings: worstel met verwerping – breek mense se verdedigingsmeganismes teen verwerping af deur hulle te aanvaar. Wys mense dat jy hulle aanvaar deur aan hulle te gee wat hulle nodig het en nie wat hulle verdien nie. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Watter vlakke van dissipelskap kan jy onderskei volgens Kol 2: 6-10 en wat beteken elkeen? Op watter vlak van dissipelskap is jyself en ‘n persoon wat jy begelei as dissipel? Hoe weet jy watter vlak jyself is en ‘n persoon wat jy begelei? Hoe beïnvloed jou identiteit in Christus (kosbare kind van God) jou geestelike, verstandelike, emosionele, wils- en verhoudingsdimensie van lewe?

 Sondag 5 Februarie 2023 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:45:28

Lees: Jes 61:1-11 en Luk 4:16-21. Fokus: Jes 61:1-3. Inhoud van Bergbron se “salwing”. (Bergbron visie: ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en Bevryding) Jes 61 is gerig aan ontnugterde en moedelose ballinge wat voor die geweldige taak staan om alles weer teherbou in Jerusalem. Soos met die meeste OT profesieë sien ons 3 vlakke van vervulling. Jes 61: 1-3 vind sy diepste vervulling in Jesus se eerste koms na die wêreld (Luk 4: 21). Op die derde vlak vind hierdie profesie sy vervulling met Pinkster toe Jesus sy Gees gestuur het na sy kerk op aarde. Wanneer ‘n persoon gesalf word, kom die HG en gee aan die persoon Goddelike outoriteit en vermoë vir dietaak waartoe God hom of haar geroep het. Die salwing met die HG stel ons instaat “om ‘n blye boodskap te bring...” (v 1). Dit is ‘n boodskap dat God sy vyande oorwin het en Hy kom nou om die gevangenes te bevry ogv sy oorwinning. Die inhoud van Bergbron se salwing met die HG: om mense hulle identiteit in Christus te plaas waaruit kragtig vloei outoriteit in Christus! Inderdaad het ons Opperbevelvoerder, Jesus Christus, die werke van die duiwel vernietig (1 Joh 3:8)! Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Hoe is hierdie profesie van Jes 61 vervul vir die terugkerende Jode uit ballingskap, vervul in Christus en vervul vir die NT kerk? Wat beteken dit om met die Heilige Gees gesalf te word? 1 Is ons outoriteit en mag in Christus slegs ‘n toekomstige posisie wat geen effek op ons lewens vandag het nie? Beskryf die inhoud van Bergbron se salwing met die Heilige Gees.

 Sondag 29 Januarie 2023 Nico van der Walt | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:49:02

Lees Openbaring 22:17

 Sondag 22 Januarie 2023 Christiaan Mulder | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:29:59

Lees: Jeremia 26: 1 - 15 Waag om anders te wees!

 Sondag 11 Desember 2022 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:36:02

Lees: Mat 2:1-12. Fokus: Mat 2:2,3. Wat is jou beeld van Jesus?

Comments

Login or signup comment.