Sondag 5 Februarie 2023 Stephan Briel

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke show

Summary:
Lees: Jes 61:1-11 en Luk 4:16-21.
Fokus: Jes 61:1-3.

Inhoud van Bergbron se “salwing”.

(Bergbron visie: ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en Bevryding)

Jes 61 is gerig aan ontnugterde en moedelose ballinge wat voor die geweldige taak staan om alles weer teherbou in Jerusalem.

Soos met die meeste OT profesieë sien ons 3 vlakke van vervulling. Jes 61: 1-3 vind sy diepste vervulling in Jesus se eerste koms na die wêreld (Luk 4: 21). Op die derde vlak vind hierdie profesie sy vervulling met Pinkster toe Jesus sy Gees gestuur het na sy kerk op aarde.

Wanneer ‘n persoon gesalf word, kom die HG en gee aan die persoon Goddelike outoriteit en vermoë vir dietaak waartoe God hom of haar geroep het.

Die salwing met die HG stel ons instaat “om ‘n blye boodskap te bring...” (v 1). Dit is ‘n boodskap dat God sy vyande oorwin het en Hy kom nou om die gevangenes te bevry ogv sy oorwinning.

Die inhoud van Bergbron se salwing met die HG: om mense hulle identiteit in Christus te plaas waaruit kragtig vloei outoriteit in Christus!

Inderdaad het ons Opperbevelvoerder, Jesus Christus, die werke van die duiwel vernietig (1 Joh 3:8)!

Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

Hoe is hierdie profesie van Jes 61 vervul vir die terugkerende Jode uit ballingskap, vervul in Christus en vervul vir die NT kerk?

Wat beteken dit om met die Heilige Gees gesalf te word? 1

Is ons outoriteit en mag in Christus slegs ‘n toekomstige posisie wat geen effek op ons lewens vandag het nie?

Beskryf die inhoud van Bergbron se salwing met die Heilige Gees.