Bergbron Gereformeerde Kerk Preke show

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

Summary: Preekopnames van Bergbron Gereformeerde Kerk se eredienste. Bergbron is ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en Bevryding Om mense hulle identiteit in Christus te laat ontdek omdat Christus hulle vrygemaak het om werklik in oorwinning te kan lewe tot eer van God.

Join Now to Subscribe to this Podcast
  • Visit Website
  • RSS
  • Artist: Gereformeerde kerk Bergbron
  • Copyright: Gereformeerde kerk Bergbron

Podcasts:

 Sondag 17 Maart 2024 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:26:24

Lees: Gal 3:1-14 en Heid Kat Vr en Antw 38 en 39. Christus het borgtogtelik (in ons plek) gely om ons van die toorn, oordeel en vloek van God te verlos. Christus het in ons plek die toorn van God gedra (vr 37). Christus het in ons plek die oordeel van God gedra (vr 38). Christus het in ons plek die vloek van God gedra (vr 39). Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Wat doen die wete van Christus se lyde aan jou? Verduidelik die evangelie van Jesus Christus dmv die Drie Sirkels metode.

 Sondag 3 Maart 2024 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:32:47

Lees: Ef 4:1-16 (AFR83). Fokus: Ef 4:11,12. Christus gee “gawes” om ons toe te rus vir ons dienswerk. God laat sy kerk groei as dit gesond is, soos met ons kinders. As ons kinders gesond is, groei hulle van nature soos God dit laat gebeur – dieselfde ook met die kerk as lewende liggaam van Christus. Maar as die kerk as die liggaam van Christus siek is, dan sal God dit nie laat groei nie en stadig aan sterf. Die taak van die leiers in die gemeente, die ouderlinge, is om die groei beperkende siektes in die gemeente te identifiseer en te verwyder sodat die natuurlike en normale groei van God kan plaasvind. Die vraag is: Wat dryf die gemeente? Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Wat is gelowiges se “groot dienswerk” vir die opbou van die liggaam van Christus? Hoe wyk leiers (predikante en ouderlinge) af van hulle primêre roeping in die gemeente? Wat dryf die gemeente?

 Sondag 18 Februarie 2024 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:35:08

Lees: 1 Pet 1:22 – 1 Pet 2:10 (AFR83). Fokus: 1 Pet 2:4,5,9. Die lewende kerk (deel 2).

 Sondag 11 Februarie 2024 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:43:20

Lees: 1 Pet 1:22 – 1 Pet 2:10 (AFR83). Fokus: 1 Pet 2:4,5. Die lewende kerk.  “Lewe” in ons kernverse dui op kwaliteit lewe.  Die diepste geheim van lewe in die kerk is: Ons moet na Jesus toe gaan. Hy maak lewend!  Die diepste oorsaak van die doodsheid in die kerk is: Mense wil nie meer na Jesus toe kom om na sy Woord te luister nie, want dit vra dissipline en behels jou hele lewe.   Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Wie is die kerk? Wat word bedoel met “lewe” in 1 Pet 2:4,5? Hoe word die kerk lewendig? Wat veroorsaak doodsheid in die kerk?

 Sondag 9 Julie 2023 Christiaan Mulder | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:33:48

Lees: 1 PETRUS 2 vers 1 - 7Fokus: 1 Petrus 2: 7 Daarom is dit kosbaar vir julle wat glo, maar vir ongelowiges geld, “Juis die klip wat die bouers afgekeur het, het die hoeksteen geword, ” Die Here wil jou ook 'n hoeksteen maak!

 Sondag 2 Julie 2023 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:37:27

Lees: 1 Sam 16:1-13.Fokus: 1 Sam 16:1. Wat sien die Here in my?

 Sondag 25 Junie 2023 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:37:12

Lees: 1 Sam 3:1 – 4:1.Fokus: 1 Sam 3:15. God roep getroue dienaars uit hulle gemaksones tot geloofwaardige getuies.

 Sondag 18 Junie 2023 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:55:52

Sondag, 18 Junie, is deur die kerkverband aangedui as Dag van Verootmoediging en Voorbidding met die energiekrisis, verval van infrastruktuur en hoë werkloosheid en misdaadvakke as motivering. Lees: 1 Sam 1:9-19 en 1 Sam 2:1-12.Fokus: 1 Sam 2:1. Jubel in die Here wat dinge verander en uitkoms gee.

 Sondag 11 Junie 2023 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:40:25

Lees: Eks 13: 17-22.Fokus: Eks 13: 21-22. God se plek van seëning! God het die wolk- en vuurkolom gebruik om Israel te lei na sy voorbestemde destinasie van seëning. Israel se eerste plek van seëning was by die Rietsee: Daar is die farao en sy hele leërmag finaal oorwin sonder dat die Israeliete enigsins hoef te geveg het. Israel het begryp dat hulle seëning verband gehou het met die regte plek. Ons het as gelowiges die Gees van die waarheid wat ons in God se hele waarheid lei vir ons lewens, ons ook lei na God se voorbestemde plek van seëning. As jy die tekens miskyk, of dit ‘n wolk- of vuurkolom is, of selfs net ‘n ongemaklike gevoel binne-in jou, kan jy op ‘n slegte plek vasgevang word. God se seën sal kom wanneer jy is waar jy veronderstel is om te wees: fisiek, emosioneel, verstandelik en geestelik. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Hoekom het God Israel op ‘n ompad deur die woestyn na die Rietsee gelei? Speel die fisiese plek waar ek myself bevind ‘n rol om God se volle seëning te ontvang? Gee ‘n paar riglyne hoe die Heilige Gees ons lei na God se voorbestemde plek van seëning.

 Sondag 4 Junie 2023 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:32:10

Lees: Eks 15:1-19.Fokus: Eks 15:3 (AFR20). Loof die Here as krygsman wat red! Lofprysing en aanbidding is ‘n wesenskenmerk van die Here se volk. Lofprysing en aanbidding is ons reaksie op wie die Here is en wat Hy doen. Die Here is die Verbondsgod wat getrou bly aan sy beloftes. In elke situasie wat ons as kinders van God beleef, is Jesus ons Verlosser wat vir ons veg. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Waarop is lofprysing en aanbidding ‘n reaksie? Waarvoor gaan ons oë gewoonlik oop in ‘n krisis? Wat is die duidelikste bewys dat die Here vir ons veg?

 Sondag 28 Mei 2023 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:37:03

Lees: Jes 6:1-13.Fokus: Jes 6:7. Die betekenis van die Here se aanraking. In ons Skrifgedeelte raak die Here Jesaja aan met ‘n gloeiende kool vanaf die altaar en sy sonde is weggeneem. Dit verwys alreeds na Jesus se versoeningsoffer aan die kruis. Daar is Hy as die Lam van God geoffer tot versoening van al ons sondes. En van die begin af het Jesus met sy wandel op aarde doelbewus onrein mense voortdurend aangeraak. Hy was die aanrakende Koning! Die “helde” in Jesus se wandel op aarde was tipies die tollenaars, onrein mense en die samelewing se uitgeworpenes en mislukkings. Hierdie persone het Jesus doelbewus aangeraak om sy solidariteit met hulle te bewys en om hulle lewens kragtig te verander. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Noem ‘n paar betekenisse van aanraking. Noem ‘n paar voorbeelde van die gevolge van aanraking in die Ou Testament. Waarom het Jesus mense doelbewus aangeraak? Hoe raak God ons vandag aan as sy kinders op aarde?

 Sondag 21 Mei 2023 Willem Semmelink, Feba Radio | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:56:47

Lees: Open 5:1-10.Tema: God se droom! https://febaradio.co.za

 Sondag 14 Mei 2023 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:40:43

Lees: Jes 6:1-13. Fokus: Jes 6:1-8.  Die Here se heerlikheid en almag verander ons! God se almag en heerlikheid is so oorweldigend dat dit jou totaal verander dat jy Hom wil dien in nederige afhanklikheid. Omdat God so almagtig en glorieryk is, is daar niks beter as om Hom te aanbid en te dien nie.  Vra God om sy almag en heerlikheid in Christus aan jou te openbaar en verhoog Hom as die Here van jou lewe.  Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:  Hoekom is daar baie keer min of geen lewens wat verander in die kerk nie?  Hoekom sien ons nie die heerlikheid en almag van God nie?  Het jy al ‘n “power-encounter” (bonatuurlike ontmoeting) met God gehad?

 Sondag 7 Mei 2023 | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:37:53

Lees: Sag 3:1-10 (AFR53).  Fokus: Sag 3:7.  God vra reaksie op sy vryspraak in Jesus Christus.  God verklaar Josua regverdig en klee hom met geregtigheid want Josua se naam beteken: die Here (Jahweh) verlos. Met Jesus se offer aan die kruis het die Here verlossing gebring en is hierdie gesig van Sagaria vervul.  Deur ons te roep om in sy weë te wandel en aan Hom gehoorsaam te wees, roep die Here ons eenvoudig om ons vryspraak en identiteit in Christus prakties uit te leef.  Alles wat ons nou hier beleef op aarde wil God gebruik om ons voor te berei op die ewigheid saam met Hom. Maar dan moet ek reageer op die volkome vryspraak in Jesus en my siel (denke, emosies en begeertes) totaal oorgee aan Hom.  Dit is uiters noodsaaklik dat ons sal onderskei tussen Satan se beskuldigings en die Heilige Gees se oortuiging van sonde. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:  Hoekom bestraf die Here vir Satan oor sy aanklagte?  Waarop is die Here se oproep in Sag 3:7 gemik?  Wat is die verskil tussen die droefheid agv Satan se beskuldigings en die droefheid agv die Heilige Gees se oortuiging van sonde (vgl 2 Kor 7:9,10)?   

 Sondag 30 April 2023 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:45:12

Lees: Sag 3:1-10.Fokus: Sag 3:1-4 (AFR53). Die Here sit Satan op sy plek en klee ons met feesklere.

Comments

Login or signup comment.