Sondag 11 Junie 2023 Stephan Briel

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke show

Summary:
Lees: Eks 13: 17-22.
Fokus: Eks 13: 21-22.

God se plek van seëning!

God het die wolk- en vuurkolom gebruik om Israel te lei na sy voorbestemde destinasie van seëning.

Israel se eerste plek van seëning was by die Rietsee: Daar is die farao en sy hele leërmag finaal oorwin sonder dat die Israeliete enigsins hoef te geveg het.

Israel het begryp dat hulle seëning verband gehou het met die regte plek.

Ons het as gelowiges die Gees van die waarheid wat ons in God se hele waarheid lei vir ons lewens, ons ook lei na God se voorbestemde plek van seëning.

As jy die tekens miskyk, of dit ‘n wolk- of vuurkolom is, of selfs net ‘n ongemaklike gevoel binne-in jou, kan jy op ‘n slegte plek vasgevang word.

God se seën sal kom wanneer jy is waar jy veronderstel is om te wees: fisiek, emosioneel, verstandelik en geestelik.

Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

Hoekom het God Israel op ‘n ompad deur die woestyn na die Rietsee gelei?

Speel die fisiese plek waar ek myself bevind ‘n rol om God se volle seëning te ontvang?

Gee ‘n paar riglyne hoe die Heilige Gees ons lei na God se voorbestemde plek van seëning.