Bergbron Gereformeerde Kerk Preke show

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

Summary: Preekopnames van Bergbron Gereformeerde Kerk se eredienste. Bergbron is ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en Bevryding Om mense hulle identiteit in Christus te laat ontdek omdat Christus hulle vrygemaak het om werklik in oorwinning te kan lewe tot eer van God.

Join Now to Subscribe to this Podcast
  • Visit Website
  • RSS
  • Artist: Gereformeerde kerk Bergbron
  • Copyright: Gereformeerde kerk Bergbron

Podcasts:

 Sondag 1 Mei 2022 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:37:53

Lees: Daniël 2. Fokus: Daniël 2:14,18. Hoe om die lewe te hanteer wat blyk asof dit buite beheer is.

 Sondag 24 April 2022 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:28:48

Lees: Gal 6:7-8 en 1 Tes 5:12-28. Fokus: 1 Tes 5:23. Jy is alreeds nou in jou wedergebore gees wat Jesus Christus is. Paulus sluit ‘n groot aantal riglyne (hoe om op die akker van die Gees te saai) af met ‘n gebed dat God die gemeente na gees, siel en liggaam sal heilig en bewaar. In hierdie onderskeiding van gees, siel en liggaam, lê die sleutel hoe God ons heilig en bewaar om onberispelik te wees tot wanneer ons Here Jesus Christus weer kom. Die sleutel lê in ons gees, want ons is alreeds nou in ons wedergebore gees wat Jesus Christus is. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Verduidelik die onderskeid tussen gees, siel en liggaam. Watter deel het nuut geword met ons wedergeboorte (vgl 2 Kor 5: 17) en wat is die invloeddaarvan op die res van ons wese? Hoe kan ons die werke van die vlees in ons lewens oorwin?

 Sondag 17 April 2022 Christiaan Mulder | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:25:45

Lees: Lukas 17: 11 – 37 en Psalm 46: 1 – 11 Die teenwoordigheid van God. Immanuel, God met ons

 Goeie Vrydag 15 April 2022 Stephan `Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:38:32

Lees: Joh 19: 28 - 30. Fokus: Joh 19: 30. Die sesde Kruiswoord: “Dit is volbring!”

 Sondag 10 April 2022 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:45:10

Lees: Joh 19:28-37. Fokus: Joh 19:28-29. Die vyfde kruiswoord: As beloofde Messias was Jesus volledig God en mens aan die kruis. Met die vyfde kruiswoord “Ek is dors”, word Jesus se menslikheid beklemtoon. Hoekom was Jesus se mensheid so belangrik? Omdat dit ‘n vereiste is om volmaak versoening te doen vir ons mense se sondes. Dat die Verlosser ‘n ware mens moet wees, is ‘n heilige moet. Dit is trouens die mens wat gesondig het. Daarom moet die Verlosser wat vir ons sondes kan betaal ook ‘n mens wees. Die enigste verskil tussen Hom en ons moet wees dat Hy geen sonde moet hê nie (Heb 7:26,27). Dit is vanself sprekend. Net soos iemand wat self bankrot is ander mense nie van hulle bankrotskap kan red nie, so kan iemand wat self skuldig staan omdat hy ‘n sondaar is, ander nie van hulle sondes verlos nie. Maar die Verlosser moet ook waarlik God wees. Geen mens, ook nie ‘n sondelose mens, se krag en uithouvermoë is voldoende om God se straf op die sonde te kan dra en die vlamme van sy toorn oor die sonde te blus nie. Daarom moes ons Verlosser ook waarlik God wees aan die kruis sodat sy goddelike natuur sy menslike natuur kan versterk om God se straf en toorn op ons sondes te kan dra. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Wat is die vereistes waaraan Jesus moes voldoen as Messias? Het Jesus as mens enige erfsonde gehad? Hoe kan ons effektiewe fonteine van lewende water wees in hierdie sonde-gevalle wêreld? (vgl Joh 7:37-39)

 Sondag 3 April 2022 Greg Aucamp | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:35:08

Lees Matteus 24: 1-14

 Sondag 27 Maart 2022 Christiaan Mulder | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:24:25

Lees: Eksodus 17: 1 – 7; Num. 20: 1 – 13; Jos. 9 en 10; 2 Kor. 12 Die Here se genade is genoeg.

 Sondag 20 Maart 2022 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:33:27

Lees: Luk 23:26-43. Fokus: Luk 23:43. Die tweede kruiswoord: die Koning aan die kruis! “Rondom Paasfees dink ons weer aan die sewe kruiswoorde wat Jesus Christus in sy laaste ure aan die kruis gesê het. In die kruiswoorde vind ons die volle vervulling van God se offer en die volle uitdrukking van sy liefde. Die kruiswoorde is versprei deur die Evangelies. Drie elk is in Lukas en Johannes opgeteken, terwyl een in Markus en Matteus is. Hierdie sewe kruiswoorde is tussen Jesus se kruisiging en sy sterwe opgeneem. In die woorde sien ons Jesus se menslikheid en sy Goddelikheid raak. Die eerste drie kruiswoorde het Jesus tussen nege-uur en twaalfuur uitgespreek. In dié drie praat Jesus met die mense rondom Hom. Hierin druk Jesus sy liefde op ’n besondere wyse uit vir mense wat in nood verkeer. Tussen twaalf en drie-uur toe dit donker geword het, het daar geen kruiswoorde opgeklink nie. Na drie ure duisternis het Jesus teen drie-uur sy eie nood beklaag en hoor ons sy geestelike en fisiese worsteling. Dié vier laaste kruiswoorde is aanhalings uit die Ou Testament. Deur hierdie tekste op Homself van toepassing te maak, wou Jesus tot op die laaste oomblik die ongelowige Jode oortuig dat Hy die Messias is wat sou kom. Met sy laaste woorde sien ons Jesus se absolute vertroue in sy Vader. Jesus het gesterf soos hy gelewe het, deur homself in God se hande te plaas.” (Die sewe kruiswoorde – Kruispad e-tydskrif) Die tweede kruiswoord – Lukas 23 vers 43: “Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees.”

 Sondag 13 Maart 2020 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:34:19

Lees: Luk 23:26-43. Fokus: Luk 23:34. Die eerste kruiswoord: Christus bid vir uitstel.....nog genadetyd! “Rondom Paasfees dink ons weer aan die sewe kruiswoorde wat Jesus Christus in sy laaste ure aan die kruis gesê het. In die kruiswoorde vind ons die volle vervulling van God se offer en die volle uitdrukking van sy liefde. Die kruiswoorde is versprei deur die Evangelies. Drie elk is in Lukas en Johannes opgeteken, terwyl een in Markus en Matteus is. Hierdie sewe kruiswoorde is tussen Jesus se kruisiging en sy sterwe opgeneem. In die woorde sien ons Jesus se menslikheid en sy Goddelikheid raak. Die eerste drie kruiswoorde het Jesus tussen nege-uur en twaalfuur uitgespreek. In dié drie praat Jesus met die mense rondom Hom. Hierin druk Jesus sy liefde op ’n besondere wyse uit vir mense wat in nood verkeer. Tussen twaalf en drie-uur toe dit donker geword het, het daar geen kruiswoorde opgeklink nie. Na drie ure duisternis het Jesus teen drie-uur sy eie nood beklaag en hoor ons sy geestelike en fisiese worsteling. Dié vier laaste kruiswoorde is aanhalings uit die Ou Testament. Deur hierdie tekste op Homself van toepassing te maak, wou Jesus tot op die laaste oomblik die ongelowige Jode oortuig dat Hy die Messias is wat sou kom. Met sy laaste woorde sien ons Jesus se absolute vertroue in sy Vader. Jesus het gesterf soos hy gelewe het, deur homself in God se hande te plaas.” (Die sewe kruiswoorde – Kruispad e-tydskrif) Die eerste kruiswoord – Lukas 23 vers 34: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!”

 Sondag 6 Maart 2022 Christiaan Mulder | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:29:37

Lees: Markus 9: 35 - 37 Die karakteristieke van ‘n heilige lewe – hoe dien ons die Here met ‘n heilige lewe?

 Sondag 27 Februarie 2022 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:30:16

Lees: Ef 4:1-16. Fokus: Ef 4:15. Groei na Christus deur in liefde by die waarheid te bly. As ons nie meer groei nie, is ons besig om te sterf. Jou opgroei in Christus word bepaal deur die hoeveelheid waarheid jy in liefde lewe. Waarheid sonder liefde lei tot die slawerny van ‘n wettiese lewe (Gal 5:1,2). Christus het reeds gekom om ons vry te maak deur aan sy waarheid vas te hou uit liefde (Joh8:31,32). Die duiwel is die vader van alle leuengedagtes (Joh 8:44) en hy gebruik leuengedagtes om beheerte kry oor ons gelowiges se denke. Dan is hy in beheer van ons totale lewe. As die duiwel met sy leuengedagtes kom om ons denke daarmee te probeer bind, dan wys Christusvir ons deur die Bybel wat God se waarheid is in die lig van sy kruis. So word die duiwel se leuensontbloot en kan ons dit verwerp in ons denke. Vryheid van leuens maak groei moontlik! Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Hoekom is groei na Christus so belangrik? Hoe rig Satan ‘n “vesting” op in ons denke? Vul in: Volgens Satan is jou waarde = jou prestasies + mense se opinie van jou. Volgens God sewaarheid is jou waarde = Christus se prestasies + G..... se opinie van jou! Hoe maak Christus jou vry van “vestings” in jou denke? Wat beteken dit om Christus as die Waarheid te leer ken?

 Sondag 22 Februarie 2022 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:35:20

Lees: Jes 61:1-11 en Luk 4:16-21. Fokus: Jes 61:1-3 (OAV). Bergbron visie: Gesalf vir bevryding! Vestings is die hoof oorsaak dat Christene so verslae lewe (2 Kor 10:4). ‘n Vesting is wat jy gebruikom ‘n persoonlike en valse oortuiging, ideë of opinie te versterk of te verdedig teenoor opposisievan buite. ‘n Gewonde siel rig vestings op om leuens (wat gebore is uit traumatiese ervarings) te beskerm,maar terselfdertyd hou hierdie vestings God se waarheid buite. Hierdie vestings kon jou dalk gehelp het in die verlede om verskriklike omstandighede te oorleef.Maar dieselfde vestings bied toegang tot jou lewe aan die bose. As gelowiges moet ons begin om ons gebroke harte (ons gebroke wil, gedagtes en emosies) teverbind aan die wil, gedagtes en waarheid van Jesus Christus (Joh 8:32,36). Wanneer jy jou verbind aan Christus – begin ou valse denkpatrone, gesindhede en oortuigingewyk. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Wat word bedoel met vestings in gelowiges se lewens? (2 Kor 10:4) Hoe ontstaan vestings in ons lewens? Wat is die gevolge van vestings in ons lewens? Wat word bedoel met die volgende vestings: agterdog, onafhanklikheid, onvergewingsgesindheid,manipulasie, genotsugtigheid en vrees. Wat is die eerste stap wat ons kan neem om bevry te word van vestings? (Jes 61:1 en Joh 8:32,36)

 Sondag 13 Februarie 2022 Stepan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:39:00

Lees: Eks 33:7-17. Fokus: Eks 33:11. Nader tot God! Die volk Israel het hulle verhouding met God gebou op Moses wat vir hulle intree (v 10). Josua het elke dag in die tent van ontmoeting met God in ‘n intiem persoonlike verhoudingverkeer en God se liefde en vrede ontvang (v 11). Josua wat self ‘n intiem persoonlike verhouding met God gehad het, is geskik om God se belofteste ontvang en lei later die volgende generasie die beloofde land binne. God wil ons in ‘n persoonlike verhouding met Hom leer om vrede te hê, te midde van storms. Wees die arend wie God jou geskape het om te wees (Jes 40:29-31). Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Wat was die verskil tussen Josua en oor die algemeen die res van die volk Israel se verhouding met God? Wanneer is ons geskik om God se beloftes te ontvang? Hoe moet ons die storms van die lewe hanteer?

 Sondag 6 Februarie 2022 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:35:02

Lees: Eks 20:1-21. Nader tot God! Die doel van die wet van God was nooit dat dit 'n vereiste is om gered of aanvaar te word nie. Redes waarom mense dikwels op 'n afstand bly vanaf God: Verkeerde aanname dat God ontoeganklik is en Hy jou nooit kan liefhê vanweë jou sondigeverlede nie (v 19). Party mense vermy God reeds omdat hulle wil aanhou sondig(v 20). Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Wat is die doel van God se wet vir sy volk? Verduidelik die redes waarom mense dikwels op 'n afstand bly vanaf God. Wie bepaal hoe naby jy aan God is?

 Sondag 30 Januarie 2022 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:33:42

Lees: Jes 61:1-3 en 2 Tim 1:1-12. Fokus: 2 Tim 1:7 (OAV). Bergbron visie: Ons het die Heilige Gees van krag, liefde en selfbeheersing (drie vlakke van dissipelskap). ‘n Gees van vreesagtigheid. Die Heilige Gees van liefde en selfbeheersing. Die Heilige Gees van krag. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Wat behels ‘n gees van vreesagtigheid? Wat behels die Heilige Gees van liefde en selfbeheersing? Wat behels die Heilige Gees van krag?

Comments

Login or signup comment.