Bergbron Gereformeerde Kerk Preke show

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

Summary: Preekopnames van Bergbron Gereformeerde Kerk se eredienste. Bergbron is ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en Bevryding Om mense hulle identiteit in Christus te laat ontdek omdat Christus hulle vrygemaak het om werklik in oorwinning te kan lewe tot eer van God.

Join Now to Subscribe to this Podcast
  • Visit Website
  • RSS
  • Artist: Gereformeerde kerk Bergbron
  • Copyright: Gereformeerde kerk Bergbron

Podcasts:

 Sondag 14 Augustus 2022 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:28:48

Lees: Heb 12:14-24. Fokus: Heb 12:15. Betekenis en gevolge van bitterheid. Mense lewe nie vanuit die teologie in hulle verstand nie – hulle lewe vanuit die motiverings in hulle harte. As iemand my ontstig en ek aanstoot neem, wil die Here dit gebruik om die toestand van my hart te openbaar. Om ‘n ander persoon of omstandighede die reg te gee om my waarde en toekoms te bepaal, is afgodery. As ek deur onvergewensgesindheid aan ‘n persoon die reg gee om my waarde en bestemming te bepaal – dan word ek van die genade van God in Jesus Christus afvallig. Vergifnis verwyder die persoon wie verhoog is tot ‘n plek van afgodery, en herstel Christus weer tot die posisie van mag en outoriteit in my lewe. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Wat keer gelowiges baie keer om te doen wat hulle weet reg is? Hoekom is verbittering afgodery? Hoe word ek vry van afgodery wat kom deur verbittering?

 Sondag 7 Augustus 2022 Hendrik van Deventer | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:27:11

Lees: Johannes 1: 1 - 4 Fokus: Johannes 1: 4 In Jesus is daar lewe.

 Sondag 31 Julie 2022 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:34:43

Lees: Luk 6:37-45. Fokus: Luk 6:45. Waar die hart van vol is, loop die mond van oor. Mense lewe nie vanuit die teologie in hulle verstand nie – hulle lewe vanuit die motiverings in hulle harte. Die toestand van jou hart bepaal jou woorde en dade – jou lewe. Negatiewe emosies is pyn in jou hart wat wys dat iets verkeerd is. Spoor die oorsprong van jou negatiewe emosies in jou hart op onder leiding van dieHeilige Gees. Vervang die leuens van Satan met die waarheid in Christus (Joh 8:32,36). Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:,/p. Wat keer gelowiges baie keer om te doen wat hulle weet reg is? Hoe moet jy negatiewe emosies hanteer? Wat is gewoonlik die oorsprong van negatiewe emosies? Hoe kom jy vry van negatiewe emosies en gewoonte sondes?

 Sondag 24 Julie 2022 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:39:48

Lees: Ef 5:6-20. Fokus: Ef 5:15-17. Verstandiges weet waarom hulle hier is. 1. Betekenisvanverstandigwees. Verstandiges ken die Here se doel met hulle lewens – waarom hulle op aardegeplaas is (v 17). Om jou lewensdoel te verstaan begin by God wat jou Uitvinder is en jouEienaarshandleiding geskryf het. Jy ontdek jou lewensdoel deur ‘n persoonlike verhouding met Jesus Christus. 2. Voordele van verstandig lewe. Jy is instaat om die beste gebruik te maak van elke geleentheid (v 16). Jou lewe is veel eenvoudiger. Jou lewe het sin en betekenis. Jou lewe het fokus. Daar is motivering in jou lewe. Jy word op die ewigheid voorberei. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Wat beteken dit om verstandig te lewe? Waarom kan jy uit jouself nie jou lewensdoel ontdek nie? Hoe kom jy te wete wat God se doel met jou lewe is? Verduidelik die voordele as jy God se doel met jou lewe ken.

 Sondag 17 Julie 2022 Christiaan Mulder | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:27:37

Lees: 1 Samuel 1 God soek jou hart. Alles gaan oor ‘n verhouding met God.

 Sondag 10 Julie 2022 Joop van Schaik | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:37:49

Lees: Hand. 4:1-22 Fokus: Hand. 4:1-2;7-12;17-20 Tema: Verlossing slegs in die Naam van Jesus Christus – Dit is onmoontlik om nie te praat oor wat ons van Hom hoor, sien en glo nie!

 Sondag 3 Julie 2022 Greg Aucamp | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:36:30

Lees: Hebreërs 4: 12 – 16, 5: 12 – 14, 6: 1 – 3 en 7 – 8. Is jou Bybel ‘n koekmes of ‘n swaard?

 Sondag 26 Junie 2022 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:28:43

Lees: Efes 5:21-33. Fokus: Efes 5:33. Wat vul die waarde-tenk van jou huweliksmaat?

 Sondag 19 Junie 2022 Stephan briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:38:01

Lees: 1 Kon 3:1-15. Fokus: 1 Kon 3:9 (OAV). God gee graag aan opregtes onderskeidingsvermoë

 Sondag 12 Junie 2022 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:30:42

Lees: 1 Petrus 1:17-21. Fokus: 1 Pet 1:20. God se handelinge in die eindtyd. Petrus wil aan die gelowiges in westelike Klein-Asië perspektief op hulle “vreemdelingskap in die wêreld” (1 Pet 1:17) gee. Hulle en die kerk van vandag moet besef dat ons in die “eindtyd” (1 Pet 1:20) leef. As ons weet wat God se handelinge in die “eindtyd” is, dan sal ons die las van “vreemdelingskap in die wêreld” kan dra en by God se handelinge betrokke raak. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Wat was God se handelinge in die Ou Testament? Wat was God se handelinge in die Nuwe Testament? Wat is God se handelinge in die “eindtyd”?

 Sondag 5 Junie 2022 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:29:37

Lees: Eseg 47:1-12 en Joh 7:37-44. Fokus: Joh 7:37-39. Die strome lewende water van die Heilige Gees. Na aanleiding van Eseg 47:1-9 en Sag 13:1 het die volk geglo dat daar in die laaste dae ‘n stroom water uit die tempelrots gaan kom wat deur die hele wêreld gaan vloei. Hierdie water gaan oral lewe bring. In sy preek op die sewende dag van die huttefees, sluit Jesus juis by hierdie motiewe aan. Met sy woorde sê Jesus dus dat die plan wat God vir die laaste tye gemaak het, in Hom in vervulling gegaan het. Wat die Jode daar by die tempel tydens die huttefees gevier het, het in Jesus waar geword. Hierdie belofte van Jesus het in vervulling gegaan toe die Heilige Gees oor die gelowiges uitgestort is. Op Pinksterdag het die dissipels se lewens begin oorloop van lewende water. Met nuwe vrymoedigheid en krag het hulle begin getuig. Alhoewel ons na Pinkster lewe, is daar tog gemeentes en Christene wie se godsdiens so kragteloos is soos die dissipels s’n voor die uitstorting van die Heilige Gees. Hierdie Christene kan geen getuienis lewer van ‘nspesifieke verhouding of ervaring met die Heilige Gees nie. Vir sommige is die Heilige Gees bloot ‘n krag ofinvloed wat van God af uitgaan. Die Bybel is duidelik dat die Heilige Gees die Derde Persoon van die goddelike Drie-eenheid is. Dit is nie moontlik om die strome lewende water (werking) van die Heilige Gees te verstaan en te ervaar sonder om Hom eers as ‘n Persoon te leer ken nie. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Verduidelik hoe Jesus se woorde in Joh 7:37-38 op Pinkster in vervulling gegaan het. Vergelyk die dissipels se geloofslewe voor Pinkster met hulle geloofslewe na Pinkster (veral Hand 2-4). Wat val jou op? Is die Heilige Gees vir jou bloot ‘n krag of ‘n Persoon? Het jy ‘n verhouding met die Heilige Gees? Watter persoonseienskappe van die Heilige Gees kom na vore in die volgende Skrifgedeeltes: Rom 8:26-27, 1 Kor 12:11, Rom 15:30, Ef 4:30, Heb 10:29, Hand 5:3, Mat 12:31-32, Hand 7:51

 Sondag 29 Mei 2022 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:31:09

Lees: Psalm 126. Fokus: Psalm 126:1. As die Here ons lot verander, is dit soos ‘n droom! Die Psalmdigter weet: God wat die lot van sy volk in die verlede verander het, kan en wil dit nou weer doen. Ook ons as NT volk van God leef teen ‘n agtergrond van ‘n ingrypende en wonderlike lotsverandering deurJesus Christus. Jy kan daarom oortuig wees dat die Here jou lot wat jy tans beleef, weer kan en wilverander. Hy het jou duur gekoop met sy bloed. Wanneer jy gebruik wat jy het om die droom wat God in jou hart geplaas het na te jaag, sal die Meester op‘n dag intree. Hy sal sy hande bo-op joune plaas en soos in ‘n droom jou lot verander. Hy sal iets neem wat jy as gemiddeld beskou (‘n gawe, talent of vermoë) en sy buitengewone vermoë by jou natuurlike gawes voeg om bonatuurlike dinge te laat gebeur! Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Teen watter ingrypende en wonderlike lotsverandering leef alle Christene? Wat is gewoonlik die proses voordat die Here ons lot verander?Wat is ons verantwoordelikheid tydens die proses voordat die Here ons lot verander?

 Sondag 22 Mei 2022 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:30:36

Lees: Rigters 11:1-12 en 28-40. Fokus: Rigters 11:29. Oorkoming van struikelblokke in jou verlede. Jefta het met verskriklike verwerping en skaamte groot geword. Hierdie ervaring het Jefta geleer om ‘n geharde vegter en leier te word. God gebruik al die swaarkry in jou lewe om jou te vorm vir dit wat Hy vir jou beplan het. Jefta het die tyd van vernedering en verwerping gebruik om sy krygskuns te ontwikkel asook omhomself te verdiep in die Bybel van sy tyd. Elke keer in die OT as die Gees van die Here op ‘n persoon gekom het, het hulle ‘n beslissendeoorwinning behaal oor die vyand. Die Gees van die Here is die versekering dat sy beloftes waar is vir ons lewens. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Hoe het Jefta die struikelblokke in sy verlede oorkom? Wat is die betekenis dat “die Gees van die Here op Jefta gekom” het? Hoekom het Jefta ‘n verdere gelofte teenoor die Here afgelê?

 Sondag 15 Mei 2022 Nico van der Walt | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:51:42

Preekteks: Joh 1:12-13; 3:3-7 Tema/Titel: Wat op aarde is ’n Christen?  Hoofpunt: Reddende, ervaarbare en waarneembare Christenskap begin met die wedergeboorte. Wat kan ons hieroor uit ons twee teksgedeeltes leer?

 Sondag 8 Mei 2022 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:38:10

Lees: Gen 3:1-6 en Joh 2:12-17. Fokus: 1 Joh 2:16 (1953 AV). Oorwinning van Satan se drievoudige versoekings. Die begeerlikheid van die vlees teer op al ons fisiese liggaamlike behoeftes (voedsel, kleding, seksuele behoeftes, ens) en die vervulling daarvan in die wêreld. Die begeerlikheid van die oë se aantrekkingskrag is gerig op eiebelang en voordeel (gierigheid) en beproef die Woord van God. Die grootsheid van die lewe beklemtoon selfverheffing en selfverheerliking. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Wat bedoel Johannes met wêreldse dinge? Hoe het die eerste Adam en sy vrou Eva ellendig misluk agv Satan se drievoudige versoekings? Hoe het die laaste Adam, Jesus Christus, Satan se drievoudige versoekings met die grootstewelslae oorwin?

Comments

Login or signup comment.