Bergbron Gereformeerde Kerk Preke show

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

Summary: Preekopnames van Bergbron Gereformeerde Kerk se eredienste. Bergbron is ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en Bevryding Om mense hulle identiteit in Christus te laat ontdek omdat Christus hulle vrygemaak het om werklik in oorwinning te kan lewe tot eer van God.

Join Now to Subscribe to this Podcast
  • Visit Website
  • RSS
  • Artist: Gereformeerde kerk Bergbron
  • Copyright: Gereformeerde kerk Bergbron

Podcasts:

 Sondag 1 Maart 2020 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:29:13

Lees: Rom 6: 1-14 (1933/53 Vertaling). Fokus: Rom 6: 11, 12.. Oorwinning oor sonde. 1. In Christus is jy vir die sonde dood.  Baie Christene probeer vir die sonde sterf terwyl hulle alreeds dood is vir die sonde in Christus. By jou wedergeboorte, toe jy gekom het tot geloof in Jesus Christus, het jy gesterf.  Die dood van jou ou-self het formeel jou verwantskap, jou identifisering, jou verhouding met sonde beëindig – maar dit het nie die bestaan van sonde hier op aarde beëindig nie. 2. Glo jou posisie in Christus.  Solank jy nog glo dat jy ‘n sondaar is wat nie anders kan as om te sondig nie – dan sal jy ook lewe as ‘n slaaf van die sonde.  As jy glo jy is alreeds in Christus dood vir sonde – dan sal jy ook instaat wees om jou optrede te verander sodat die sonde nie meer in jou liggaam heers nie.  As ons kies om die waarheid te glo, sal ons vrugtevolle lewens lei in die krag van die Heilige Gees.

 Sondag 8 Maart 2020 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:36:40

Lees: 2 Sam 11:1-27. Fokus: 2 Sam 11:1-5. Die ontstaan en oorwinning van wellus. 1. Ontstaan van wellus.   Desensitisering.   Rus en ontspanning.   Verkeerde plek op die verkeerde tyd.   Rasionalisasie.   Degenerasie(egbreuk, leuens en moord). 2. Oorwinning van wellus.   Bedink wat waar is in Jesus Christus.   Vlug van versoekings.   Gemeenskap van gelowiges

 Sondag 15 Maart 2020 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:32:46

Lees: Jak 4:1-10 en Rom 7:15-25. Fokus: Jak 4:7. Bevryding van sondige gewoontes deur jouself aan God te onderwerp. Belydenis van sondes en vergifnis is die eerste stap om jouself onder die beheer van God te bring. Dit is ook waar die meeste van ons stop, maar dit is nie al nie. Om net met God saam te stem dat wat jy doen is verkeerd, los nie jou verslawing aan ‘n spesifieke sonde op nie. Jy het jou sonde voor God bely en jy glo dat God jou vergewe twv sy Seun Jesus Christus, maar jy is nog steeds soos ‘n slaaf gebonde aan ‘n gewoonte sonde. Jy moet verder gaan en jou lewe onder God se beheer bring deur die sondige gewoonte te verwerp en jouself te verbind aan God se waarheid vir jou lewe in Christus.

 Sondag 22 Maart 2020 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:42:00

Preek van Sondag 22 Maart 2020 by Bergbron Gereformeerde Kerk deur Stephan Briel. Teks  1 Petrus 5: 1-11.

Comments

Login or signup comment.