Bergbron Gereformeerde Kerk Preke show

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

Summary: Preekopnames van Bergbron Gereformeerde Kerk se eredienste. Bergbron is ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en Bevryding Om mense hulle identiteit in Christus te laat ontdek omdat Christus hulle vrygemaak het om werklik in oorwinning te kan lewe tot eer van God.

Join Now to Subscribe to this Podcast
  • Visit Website
  • RSS
  • Artist: Gereformeerde kerk Bergbron
  • Copyright: Gereformeerde kerk Bergbron

Podcasts:

 Woensdag 27 Januarie 2021 Michael Kruger | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:09:25

'n Bemoedigende boodskap deur ouderling Michael Kruger uit Lukas 8:22 - 25.

 Sondag 24 Januarie 2021 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:37:05

Lees: Sag 4:1-14. Fokus: Sag 4:6,7. ‘n Lewe wat berge kan versit. As jy op die berg (hindernisse) en jou menslike vermoëns fokus, word jy selfgesentreerd en twyfel. Die Heilige Gees laat jou op God almagtig fokus wat in jou geloof werk wat berge kan versit. Geloof groei wanneer jy na God kyk en nie na die berg (hindernisse) en jou eie mag en krag nie. Die wonderwerkende geloof van die Heilige Gees is die aansporing om hard te werk en die eerste tree te neem in gehoorsaamheid. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Hoekom word jy selfgesentreerd en begin twyfel as jy op die berge/probleme in jou lewe fokus? Vul in: As ons op God en sy eienskappe fokus en ons geloof groei, dan sal ons gebede ook al hoe meer en meer in ……………. met God se wil wees – en dan sal Hy ons gebede ………… Gee ‘n voorbeeld hoe jou geloof gegroei het toe jy op God begin fokus en nie op jou probleme nie. Gee ‘n voorbeeld hoe God jou geloof versterk het toe jy die eerste tree in gehoorsaamheid geneem het.

 Woensdag 20 Januarie 2021 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:07:05

'n Bemoedigende boodskap uit Markus 7:14-23 met die tema: "Die probleem is nie uitwendig nie."

 Sondag 17 Januarie 2021 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:22:44

Lees: Sag 3: 1-10. Fokus: Sag 3: 1-2 (OAV). Die Here sit Satan op sy plek. Satan kla die hoëpriester Josua aan oor die vuil klere (v 3) wat die sonde van die volk simboliseer. Die Here bestraf Satan (v 2), want sy aanklagte is ongegrond nadat die Here die probleem van die vuil klere opgelos het. God verklaar Josua regverdig en klee hom met geregtigheid, want Josua se naam beteken: die Here (Jahweh) verlos. Met Jesus se offer aan die kruis het die Here verlossing gebring en is hierdie gesig van Sagaria vervul. Volgens Openbaring 12 is Satan met Jesus se kruisiging uit die hemel gegooi en sit hy nou sy aanklagte voort hier op aarde. Hy en sy bose magte bombardeer ons denke met valse gedagtes van waardeloosheid en veroordeling. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Waarop is Satan se aanklagte teen die hoëpriester Josua gegrond? Hoekom bestraf die Here vir Satan oor sy aanklagte? Hoe sit Satan sy aanklagte voort hier op aarde na Jesus se kruisiging? Wat is ons verweer teen Satan se aanklagte? Video beskikbaar by https://www.youtube.com/watch?v=pY7HXR4cQgI

 Woensdag 13 Januarie 2021 Jacques Moolman | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:04:54

'n Bemoedigende boodskap deur ouderling Jacques Moolman uit 2 Kor 4:16-18.

 Sondag 10 Januarie 2021 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:27:16

Lees: 1 Sam 22:1-5 en Psalm 142. Fokus: 1 Sam 22:5. Die Here bring ons uit ‘n vesting van moedeloosheid na ‘n plek van lofprysing. Video beskikbaar by https://www.youtube.com/watch?v=OVrHS2WEPuY

 Woensdag 6 Januarie 2021 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:05:15

'n Bemoedigende boodskap uit Matteus 6:25-34 met die tema: "Leef verantwoordelik vandag."

 Sondag 3 Januarie 2021 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:27:04

Lees: Matt: 1:18-25 Fokus: Matt 1:22, 23. Tema: Die betekenis van Jesus se maagdelike geboorte. Video by: https://www.youtube.com/watch?v=c3WxQdSn3vY

 Sondag 27 Desember 2020 Christiaan Mulder | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:29:12

Lees Hebreërs 13:1-21 Fokus Hebreërs 13:6 Tema: Ek ken geen vrees nie.

 Kersdag 25 Desember 2020 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:33:45

Lees Jesaja 7 Die volle betekenis van "Imanuel - God is by ons"

 Sondag 20 Desember 2020 Matthew Brummer | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:30:46

Lees: Sag 7:4-6 Tema: God of Self Video by https://www.youtube.com/watch?v=qTiNMbszjxA

 Woensdag 9 Desember 2020 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:06:52

'n Bemoedigende boodskap uit Openbaring 13:16-18 met die tema: "Die merk van die dier."

 Sondag 6 Desember 2020 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:43:42

Lees: Mat 11:2-19. Fokus: Mat 11:3-6. Pasop vir die blindekolle in jou lewens en wêreldbeskouing. Jesus se “vreemde en ongemaklike” antwoord. ‘n Wêreldbeskouing is ‘n stel voorveronderstellings wat ons handhaaf (bewustelik of onbewustelik) aangaande die basiese samestelling en funksionering van die wêreld. Baie Westerse Christene verdeel hulle lewe netjies in twee dele: die natuurlike en die bonatuurlike – waar die bonatuurlike ver verwyder is van hulle elke dag se bestaan. As ons lewens en wêreldbeskouing op Christus gebou is, op die Woord gebou is, kom ons onder sy beheer deur die werking van die Heilige Gees. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Verduidelik waarom Jesus se antwoord aan Johannes se volgelinge dalk vreemd en ongemaklik kan wees. Wat is algemene blindekolle van die Westerse lewens en wêreldbeskouing? Noem ‘n paar punte van Jesus se lewens en wêreldbeskouing.

 Sondag 29 November 2020 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:50:02

Lees: Mark 6:7-13 en 30-44. Fokus: Mark 6:34-44. Geloof wat uitloop op wonderwerke! Jesus se rabbynse proses van dissipelskap (Mark 6:7,12-13). Eerstens, Jesus was gedryf deur medelye (Mark 6:34). Tweedens, Jesus het na sy Vader geluister en nie toegegee aan sy dissipels se redenasie dat Hy die skare moet wegstuur nie (Mark 6:36). Derdens, Jesus het die disspels se geestelike blindheid gebruik om hulle te leer in tekens en wonders (Mark 6:37). Vierdens, Jesus het instruksies gegee en die dissipels het gehoorsaam (Mark 6:39,40). Vyfdens, as jy in die geloof die moontlike doen, doen God die onmoontlike (Mark 6:41-44). Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Verduidelik Jesus se rabbynse proses van dissipelskap. Verduidelik die vyf riglyne aangaande wonderwerkende geloof wat ons kan leer uit Mark 6:34-44.

 Woensdag 25 November 2020 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:05:02

'n Bemoedigende boodskap uit Spreuke 28:20 met die tema: "'n Betroubare man is baie voorspoedig."

Comments

Login or signup comment.