Bergbron Gereformeerde Kerk Preke show

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

Summary: Preekopnames van Bergbron Gereformeerde Kerk se eredienste. Bergbron is ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en Bevryding Om mense hulle identiteit in Christus te laat ontdek omdat Christus hulle vrygemaak het om werklik in oorwinning te kan lewe tot eer van God.

Join Now to Subscribe to this Podcast
  • Visit Website
  • RSS
  • Artist: Gereformeerde kerk Bergbron
  • Copyright: Gereformeerde kerk Bergbron

Podcasts:

 Woensdag 22 April 2020 Hendrik van Deventer | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:21:29

Mid-week bemoediging 22 April 2020 (Prediker: Dr Hendrik Van Deventer) Kom deel in hierdie bemoedigende boodskap wat Hendrik met Bergbron wil deel in hierdie tydperk van inperking.

 Sondag 19 April 2020 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:20:20

Lees Josua 1:1-9 Hoe om 2020 suksesvol te leef (deel 2).

 Sondag 29 Oktober 2017 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:29:46

Lees: Rom 7: 13-26. Fokus: Rom 7: 21-23 (OAV). Identifiseer jouself met die innerlike mens wie jy in Jesus Christus is. Innerlike mens verwys na ons gees; gemoed verwys na ons siel; en lede verwys na ons liggaam/vlees (Rom 7: 22-23). Jy kan nooit deur ‘n wet in jou gemoed oorwinning kry oor die sonde in jou vlees nie. Inteendeel, die sonde in jou vlees sal totale beheer kry oor jou gemoed (denke, emosies en wil). Die eerste stap om die kwaad te oorwin wat ek nie wil doen nie: Moenie jouself met die sonde identifiseer nie (Rom 7: 17-20).< Die tweede stap om die kwaad te oorwin wat ek nie wil doen nie: Identifiseer jousel met die innerlike gees-mens wie jy in Jesus Christus is (Rom 7: 22).

 Sondag 22 Oktober 2017 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:35:25

Lees: Eks 25: 10-22. Fokus: Eks 25: 22. Die funksies van die mens se gees: Gewete. Die Heilige Gees se werking deur die gewete van ongelowiges (vgl Joh 16: 8). Die Heilige Gees se werking deur die gewete van gelowiges (vgl Heb 10: 22 en Heb 19: 14). 'n Skoon gewete is die basis en vereiste vir die ander 2 hooffunksies van ons wedergebore gees: om gemeenskap met God te hê en God se wil en plan vir ons lewens te ken deur intuïsie.

 Sondag 15 Oktober 2017 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:35:03

Lees: Eks 25: 10-22. Fokus: Eks 25: 22. Die funksies van die mens se wedergebore gees: Intuïsie. Ons moet 'n onderskeid tref tussen “weet” en “verstaan”. My wedergebore gees “weet” terwyl ek in my denke/verstand “verstaan”. 'n Gelowige “weet” die dinge van God deur die intuïsie van sy gees. In 'n sekere mate kan ons denke slegs “verstaan” en nie werklik “weet” nie. Weet is die werk van ons intuïsie – verstaan is weer die werk van ons denke. Die Heilige Gees stel ons gees instaat om te weet wat God se wil is vir ons lewens, en ons gees onderrig dan ons denke om te verstaan (vgl 1 Joh 2: 20, 27). In geestelike sake is dit moontlik om te weet sonder om dadelik te verstaan.

 Woensdag 15 April 2020 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:08:37

Lees Matteus. 26:26-29 Genesis 15:9-10 Josua 9:15 'n Bemoedigende boodskap in die middel van die week.

 Sondag 1 Oktober 2017 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:44:36

Lees Eksodus 25:10-22 Die mens se wedergebore gees

 Sondag 24 September 2017 | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:36:51

Teks: Eks 25: 22 Die funksies van die menslike gees

 Sondag 12 April 2020 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:24:06

Die Here het opgestaan!

 Vrydag 10 April 2020 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:30:39

Mag die vergifnis van Jesus se kruis jou losmaak van alle veroordeling en jou versterk dat God jou Vader is in hierdie onsekere tyd van verlengde inperking.

 Sondag 5 April 2020 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:24:56

Teks: Josua 1:1-9 Fokus: Josua 1: 7-8 Hoe om 2020 suksesvol te leef.

 Sondag 16 Februarie 2020 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:33:50

Lees: 2 Sam 11:1-27. Fokus: 2 Sam 11:1-5. Die verskil tussen wellus en liefde. Drie vorms van liefde wat daar in die Christelike huwelik moet wees: erotiese liefde (eros), vriendskapsliefde (filia) en selfverloënende liefde (agape). Met eros-liefde kan jy ‘n Godgegewe seksuele begeerte hê vir jou huweliksmaat as die ander twee vorms van liefde ook teenwoordig is. Los van die ander twee vorms van liefde, verander eros-liefde in wellus wat selfgesentreerd is om net jou seksuele behoeftes te bevredig. Volgens God moet die intiemste liggaamlike kontak in geslagsgemeenskap ‘nopenbaring wees van die intiemste geestelike verbintenis. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Verduidelik die volgende soorte liefde: erotiese liefde (eros), vriendskapsliefde (filia) en selfverloënende liefde (agape). Wat is wellus en hoe vertoon Dawid se optrede duidelike tekens van wellus? Hoe is versoekings van wellus ‘n probleem vir beide mans en vrouens?

 Woensdag 1 April 2020 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:10:59

n Bemoedigende boodskap in die middel van die week gedurende die coronavirus inperking.

 Sondag 29 Maart 2020 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:29:16

Boodskap van Stephan Briel gedurende die Coronavirus inperking. Teks: 1 Samuel 30:1-8 In hierdie vreemde tyd van inperking, kom versterk jou in die Here ons God.

 Sondag 23 Februarie 2020 Hendrik van Deventer | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:22:04

Hendrik van Deventer is Missionêr- en Jeugleraar by Gereformeerde Kerk Linden Die Groot Uitnodiging : MATTEUS 22 Die gaste word genooi: Die koninkryk van die hemele is soos 'n koning wat ’n bruilof vir sy seun berei het 3 en sy diensknegte uitgestuur het om die genooides na die bruilof te roep, en hulle wou nie kom nie. Daarop sê hy vir sy diensknegte: Die bruilof is wel gereed, maar die genooides was dit nie werd nie. Die Koning stuur SY diensknegte uit: 9 Gaan dan op die kruispaaie en nooi almal wat julle mag vind, na die bruilof. 10 En daardie diensknegte het uitgegaan op die paaie en almal versamel wat hulle gevind het, slegtes sowel as goeies, en die bruilofsaal het vol gaste geword. 11 En toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar iemand wat nie ’n bruilofskleed aan het nie. Die Keiser se munt 20 En Hy sê vir hulle: Wie se beeld en opskrif is dit? 21 Hulle antwoord Hom: Die keiser s'n. Daarop sê Hy vir hulle: Betaal dan aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom. Die groot gebod. 37 En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. 38 Dit is die eerste en groot gebod. 39 En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. 40 Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.

Comments

Login or signup comment.