Bergbron Gereformeerde Kerk Preke show

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

Summary: Preekopnames van Bergbron Gereformeerde Kerk se eredienste. Bergbron is ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en Bevryding Om mense hulle identiteit in Christus te laat ontdek omdat Christus hulle vrygemaak het om werklik in oorwinning te kan lewe tot eer van God.

Join Now to Subscribe to this Podcast
  • Visit Website
  • RSS
  • Artist: Gereformeerde kerk Bergbron
  • Copyright: Gereformeerde kerk Bergbron

Podcasts:

 Woensdag 5 Augustus 2020 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:05:32

'n Bemoedigende boodskap uit Rom 8:26,27 "Gebed deur die krag van die Heilige Gees"

 Sondag 2 Augustus 2020 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:47:43

Lees: Luk 4:1-13. Fokus: Luk 4:3,10. Jesus is die Seun van God, die verwagte Messias, langs die weg van nederigheid, diens en lyding. Die duiwel rig sy versoekings veral op die identiteit van Jesus as hy sy versoekings begin en eindig met: “As U die Seun van God is....” (Luk 4:3,10). Deur Jesus se reaksie en aan die kruis is dit duidelik: Jesus is die Seun van God, die verwagte Messias, nie deur Homself te handhaaf nie, nie deur sy mag en gesag uit te oefen nie, maar langs die weg van nederigheid, diens en lyding. Die regte gesindheid om die versoekings van die duiwel te kan weerstaan en om geestelik te kan groei, is: Fokus verskuif weg van (1) fisiese behoeftes, (2) aardse dinge, en (3) weg van myself af. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Wat is die sleutel tot die verstaan van die duiwel se versoekings? Wat leer Jesus se reaksie op elke versoeking vir ons aangaande wie Hy is en hoe ons Hom moet volg? Waar kry Jesus sy geestelike krag asook ons vandag?

 Sondag 26 Julie 2020 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:57:37

Lees: Ef 6:10-20. Fokus: Ef 6:12 (OAV). Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die duiwel en sy bose magte. Die duiwel het allerhande “listige aanslae” (geslepe planne) op regerings en mense om hulle daarmee te mislei. “Kragte” het beide 'n fisiese sigbare en 'n onsigbare geestelike kant. Onsigbare demoniese geeste verpersoonlik hulleself in geloofsisteme wat dan tot uitdrukking kom in politieke sosiale strukture van diskriminasie en verdrukking. Die duiwel rig ook vestings op in gelowiges se denke: 'n Valse manier van dink wat die doel het om jou weg te lei van God se plan vir jou lewe. Die eerste manier waarop Satan 'n vesting in ons denke oprig is deur “redenasies” (2 Kor 10:4). Toets elke gedagte wat by jou opkom aan God se waarheid vir jou in Christus en moenie in jou denke plek gee aan die leuen nie (2 Kor 10:5). Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Hoe kom demoniese magte en kragte tot uitdrukking in ons fisiese wêreld? Waar is die hoofslagveld van ons geestelike stryd teen Satan en sy bose magte? Hoekom is dit so?  Verduidelik hoe Satan 'n vesting in ons denke oprig deur “redenasies”. Watter verantwoordelikhede het ons in die geveg teen Satan? (2 Kor 10:5b) Video beskikbaar by https://www.youtube.com/watch?v=uGEXJasxWWg

 Woensdag 22 Julie 2020 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:07:14

'n Bemoedigende boodskap uit Joh 1:14 "Kennis slegs in 'n persoonlike verhouding met God"

 Sondag 19 Julie 2020 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:59:31

Lees: Kol 2: 6-10. Fokus: Kol 2: 8 (OAV). Ons kom onder Christus se beheer deur ‘n Bybelse lewens- en wêreldbeskouïng. Verkeerde lewens- en wêreldbeskouïngs. Satan verkry algehele beheer oor ons en voer ons weg soos krygsgevangenes deur 'n valse wêreldbeskouïng. Twee verkeerde wêreldbeskouïngs vandag waardeur Satan algehele beheer oor ons kry: Animistiese en Westerse. In die Westerse wêreldbeskouïng word geestelike sake beskou as onnodig om hierdie lewe te verstaan. Daarom word godsdiens gesien as opsioneel vir opvoeding. Bybelse lewens- en wêreldbeskouïng. As ons wêreldbeskouïng op Christus (die Woord) gebou is, kom ons onder sy beheer deur die werking van die Heilige Gees. Pasop vir 'n sinkretisme: jy sê dat jy iets glo maar jy demonstreer met jou gedrag dat jy eintlik iets heeltemal anders glo. Met 'n Bybelse wêreldbeskouïng ontvang jy in Christus die lewe in sy volheid (vers 10) waar jy met God kommunikeer en Hy weer met jou kommunikeer. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Wat behels jou lewens- en wêreldbeskouïng? Hoe kry Satan algehele beheer oor ons deur 'n verkeerde lewens- en wêreldbeskouïng? Wat is die Westerse lewens- en wêreldbeskouïng? Hoe verskil die Bybelse wêreldbeskouïng van die Westerse? Hoe kom ons onder Christus se beheer? Is daar voorbeelde in jou lewe waar jou optrede 'n verkeerde wêreldbeskouïng demonstreer? Video by https://www.youtube.com/watch?v=FJJXCkAxufg

 Woensdag 15 Julie 2020 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:06:07

'n Bemoedigende boodskap uit 1 Tes 5:23 "Die totale werklikheid"

 Sondag 12 Julie 2020 Hendrik van Deventer | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:44:28

Lees: Johannes 21 Fokus: Joh. 21: 9. Die aangename geur van die evangelie. Petrus se ontmoeting met Jesus – soekend en onteenseglik Jesus Petrus is in 'n storm – en Jesus daag op. Petrus by 2 vure – by die een verloën hy Jesus en by die ander vuur bevestig Jesus vir Petrus. Mag jy Jesus gaan soek, en Sy bevestiging beleef!

 Woensdag 8 Julie 2020 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:04:04

'n Bemoedigende boodskap uit Spreuke 15:1 "Uitdrukking van jou behoeftes"

 Sondag 5 Julie 2020 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:58:07

Lees: Mat 21:18-22 en Jos 3. Fokus: Jos 3. Gebede en optrede wat berge en riviere kan versit! Verander jou fokus. Geloof groei wanneer jy na God kyk en nie na die berg/rivier nie. Wees ontvanklik vir nuwe dinge. God het met Josua 'n ander manier verkies as met Moses. Neem die eerste tree in gehoorsaamheid. God gee ons geloof as ons saam met Hom in gehoorsaamheid stap. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Hoekom word jy selfgesentreerd en begin twyfel as jy op die berge/probleme in jou lewe fokus? Gee 'n voorbeeld hoe jou geloof gegroei het toe jy op God begin fokus en nie op jou probleme nie. Gee 'n voorbeeld van hoe jy op 'n nuwe manier 'n hindernis oorkom het. Gee 'n voorbeeld hoe God jou geloof versterk het toe jy die eerste tree in gehoorsaamheid geneem het.

 Donderdag 2 Julie 2020 Dank en troosdiens vir Martie Ackerman | File Type: audio/mpeg | Duration: 01:00:32

Die dank- en troosdiens vir Martie Ackerman het Donderdag 2 Julie 2020  plaas gevind. Ons deel graag die bemoedigende boodskap met die wat nie daar kon wees nie weens die Covid-19 regulasies. Ons bid dat God se liefde, genade en troos Martie se gesin, familie en vriende sal dra deur hierdie moeilike tyd. Video beskikbaar by https://www.youtube.com/watch?v=SmLMTLJy-NM

 Woensdag 1 Julie 2020 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:04:42

'n Bemoedigende boodskap in die middel van die week. Lees Matteus 16

 Sondag 28 Junie 2008 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:56:52

Lees: Num 13:26 – 14:25. Fokus: Num 14:23,24. God gee sy beloftes aan gelowiges met ‘n oorwinnaars-gesindheid. 1. Invloed van 'n slawerny-gesindheid. (v 2-4) Met 'n slawerny-mentaliteit is jy nie geskik om God se beloftes te ontvang nie. 2. Invloed van 'n oorwinnaars-gesindheid. (v 24) God gee sy beloftes aan gelowiges met 'n oorwinnaars-gesindheid. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Beskryf die slawerny-gesindheid van die Israeliete. Wat is die gevolge van 'n slawerny-gesindheid? Beskryf die oorwinnaars-gesindheid van Kaleb en Josua. Wat is die gevolge van 'n oorwinnaars-gesindheid? Video by https://www.youtube.com/watch?v=P9KyCJznIxA

 Woensdag 24 Junie 2020 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:06:18

'n Bemoedigende boodskap in die middel van die week Lees Jeremia 6:16

 Sondag 22 Junie 2020 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:55:08

Lees: Fil 2:1-11. Fokus: Fil 2:5-11. Dra die krone van Jesus Christus! Jesus Christus het die kroon van die sondige wêreld gedra wat verlossing benodig (verse 6,7). Jesus Christus het die doring-kroon van lyding gedra wat verlossing bring (vers 8).  Met sy opstanding het Jesus die oorwinnaarskroon ontvang – die heerserskroon (verse 9-11). Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Beskryf die krone wat Jesus gedra het en dra. Hoe kan ons deel hê aan Jesus se oorwinnaarskroon? Wat is jou siening van die “voorspoedsgodsdiens”?

 Woensdag 17 Junie 2020 | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:04:48

Bemoedigende boodskap in die middel van die week Lees Psalm 34:1-5

Comments

Login or signup comment.