Bergbron Gereformeerde Kerk Preke show

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

Summary: Preekopnames van Bergbron Gereformeerde Kerk se eredienste. Bergbron is ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en Bevryding Om mense hulle identiteit in Christus te laat ontdek omdat Christus hulle vrygemaak het om werklik in oorwinning te kan lewe tot eer van God.

Join Now to Subscribe to this Podcast
  • Visit Website
  • RSS
  • Artist: Gereformeerde kerk Bergbron
  • Copyright: Gereformeerde kerk Bergbron

Podcasts:

 Woensdag 2 Desember 2020 Gert van Straaten | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:07:24

'n Bemoedigende boodskap deur ouderling Gert van Straaten.

 Sondag 22 November 2020 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:41:26

Lees: Luk 7:11-17. Fokus: Luk 7:13-17. ‘n Botsing tussen die Lewe en dood. n Begrafnisstoet van smart en hopeloosheid. Die stoet van Lewe en hoop. ‘n Nuwe stoet van oorwinning en feesviering. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Verduidelik die weduwee se ekonomiese en sosiale situasie nadat haar enigste seun gesterf het. Wat is die rede waarom Jesus hierdie wonderwerk doen? Verduidelik hoe Jesus die dood oorwin het vir ons elkeen. Wat is die gevolg van die botsing tussen lewe en dood? Video beskikbaar by https://www.youtube.com/watch?v=reIr_ftHPuU

 Woensdag 17 November 2020 Christiaan Mulder | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:05:32

'n Bemoedigende boodskap deur ouderling Christiaan Mulder.

 Sondag 15 November 2020 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:37:25

Lees: Luk 11:1-13. Fokus: Luk 11:2. Laat U koninkryk kom. Die koninkryk van God was die hart van Jesus se hele aardse bediening. Deur Jesus se koms na hierdie wêreld het God die koningsheerskappy en regering kom terugeis wat regtens syne is. God se koninkryk het met Jesus Christus se eerste koms alreeds gekom en deurgebreek in hierdie sondige wêreld, maar is nog nie volmaak teenwoordig nie Deur die intellektualisering van die Christelike geloof en negatiewe houding teenoor tekens en wonders, maak ons baie keer die koninkryk van God ‘n saak van praatjies in die kerk. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Wat bedoel Johannes en Jesus as hulle sê: “Die koninkryk van die hemel het naby gekom”? (vgl Mat 3:1-2 en Mat 4:17) Beskryf die “reeds en die nog nie” van die koninkryk van God. Hoe laat God sy koninkryk kom vandag deur sy kerk? Hoe verhinder ons die koms van God se koninkryk? Video Beskikbaar by  https://www.youtube.com/watch?v=s3WN64GZoq4

 Woensdag 11 November 2020 Pieter de Klerk | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:10:49

'n Bemoedigende boodskap van ouderling Pieter de Klerk. (Lees: Daniel 4, Fokus: Daniel 4:25b)

 Sondag 8 November 2020 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:39:27

Lees: 1 Joh 2:7-17. Fokus: 1 Joh 2:13b en 14b. Ontgroei jou kinderskoene deur die Bose te oorwin. Niemand het die “delete” knoppie in ons geheue gedruk met ons wedergeboorte nie. As Johannes twee keer verwys na die jongmense wat “die Bose oorwin het”, dan verwys hy hoofsaaklik na die vestings van die Bose wat in hulle lewens vernietig is. Die term vesting word gebruik om ‘n Christen met ‘n innerlike toestand waar Satan steeds beheer uitoefen, te beskryf. As ons aanhou om toe te gee aan ‘n versoeking, sal ons ‘n gewoonte vorm binne 6 weke. As ons met die gewoonte aanhou, sal ‘n vesting ontwikkel in ons denke. Minderwaardigheid, agressie (woedebuie), manipulasie, ens – is alles voorbeelde van vestings wat in ons denke opgerig is. Paulus gee vir ons die wapens waarmee ons vestings kan vernietig in 2 Kor 10 vers 4 en 5: Herprogrammeer eerstens jou denke deur dit te vul met God se Woord. Neem tweedens elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Wat bedoel Johannes as hy geestelike jongmense identifiseer as gelowiges wat “die Bose oorwin het” (v 13 en 14)? Hoe gebruik Satan versoekings om vestings op te rig in ons denke? Wat is vestings van die Bose? Watter vestings van die Bose bestaan in jou lewe? Hoe kan ons vestings in ons denke vernietig volgens 2 Kor 10:4,5?

 Woensdag 4 November 2020 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:05:56

'n Bemoedigende boodskap uit Ef 2:1-2

 Sondag 1 November 2020 Sebastian Floor | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:28:34

Lees:Psalm 23 Niks sal ons ontbreek nie. Die Psalm het pragtige temas en beeldspraak wat ‘n diep boodskap van sorg en ook gemeenskap met ons Here Jesus Christus, die Goeie Herder, aan ons digterlik uitbeeld.

 Woensdag 28 Oktober 2020 Jacques Moolman | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:04:03

'n Bemoedigende boodskap deur ouderling Jacques Moolman uit Psalm 146.

 Sondag 25 Oktober 2020 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:33:39

Lees: Kol 4:2-6. Fokus: Kol 4:2-4.  Bid dat God ‘n deur vir die Woord oopmaak. Paulus het ontdek dat al sy kennis en agtergrond nie voldoende is om die geheimenis van die woord te ontsluit nie. Dit is net God self wat die geheimenis van die woord aan mense bekend kan maak. Die enigste sleutel wat daar is om die deur oop te maak, is gebed. Sy eie persoonlike gebed dat God die deur vir hom sal oopmaak, is vanselfsprekend nodig, maar hy vra en pleit by die gemeente dat hulle saam met hom moet bid dat God die deur van en vir die woord sal oopmaak. Dit is asof hy vra dat die hele gemeente saam met hom sal bid, aan die deur sal klop, na God sal roep en vra om die deur oop te sluit. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Wat beteken die uitdrukking ’n toe deur vir jou? In watter twee opsigte moet God 'n deur vir die woord oopmaak? Wat is die verskil tussen 'n raaisel en 'n geheim? Wat word bedoel met “die geheimenis van Christus”?

 Sondag 18 Oktober 2020 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:41:23

Lees: 2 Kor 5: 11-21 (OAV). Fokus: 2 Kor 5: 18. As gelowige is ek ‘n bedienaar van die versoening in Christus. 1. “Is jy met God versoen?” Dit is nie 'n vraag: of jy godsdienstig is, of jy meen dat jy al genoeg gedoen het om met God versoen te wees, of God met ons versoen is – want Hy is! Dit is juis die evangelie! Die hart van die versoening is reeds “dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie…” Dit is 'n vraag: het jy geloofsversekerdheid, herken jy die lydende Jesus deur die geloof as die Messias, die Middelaar, vir jou? Ervaar jy die vreugde, die vrede, die diepe dankbaarheid van die versoening met God deur Christus? 2. Ons bediening van die versoening. Ons mag nie ons rug op mense draai vanweë hulle sondes nie, want God het nie sy rug op ons gedraai nie. Hy het wel sy rug gedraai op sy eie Seun in ons mense se plek en ons sondes op Hom laat neerkom. Om net aandag te gee aan 'n persoon se sondes, is om aan slegs simptome aandag te gee. Die oorsprong van die probleem is die skeiding met God. As ons tog maar die goeie in mense kan raaksien, nie net die slegte nie – dan sal ons baie meer effektief wees in ons bediening van die versoening. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Wat beteken dit om met God versoen te wees deur Christus? Wat is die regte emosie of ervaring as jy met God versoen is? Wat is die hart van die versoening met God? (vers 19) Wat is die rede waarom baie kerkmense nie die versoening met God aanvaar wat Hy bewerk het nie? Waarvan is sondes „n simptoom? Hoe spreek „n mens die oorsprong van die probleem aan? Hoe kan ons prakties meer effektief wees in ons bediening van die versoening?

 Woensdag 14 Oktober 2020 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:06:49

'n Bemoedigende boodskap uit Psalm 121 met die tema "My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het!"

 Sondag 11 Oktober 2020 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:46:52

Lees: Rom 8:1-17. Fokus: Rom 8:14. Die Gees verseker ons dat ons kinders van God is, en sy wonderlike beloftes in Christus sal ontvang. Kinders van God word gelei deur die Heilige Gees. Die Heilige Gees werk inwonend in jou lewe om jou te vernuwe na die beeld van Jesus Christus met sy vrug. Die Heilige Gees kom in krag oor jou om jou te bemagtig met Sy gawes vir bediening in God se koninkryk. Ons deel in Christus se lyding wat oorgegaan het in heerlikheid. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Hoe weet ons met sekerheid dat ons kinders van God is? Hoe weet ons dat ons deur die Heilige Gees gelei word? Watter seëninge is daar vir die kinders van God? Video beskikbaar by https://www.youtube.com/watch?v=ny0XE1tNkio

 Woensdag 7 Oktober 2020 Gert van Straaten | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:07:32

'n Bemoedigende boodskap deur ouderling Gert van Straaten met tema: "Om God met jou hele hart te vertrou."

 Sondag 4 Oktober 2020 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:50:22

Lees: Psalm 125. Fokus: Psalm 125:1,2. God is by ons met sy beskerming en oorwinning! Te midde van al die onsekerhede wat môre en oormôre vir ons inhou, dra ons dié één groot sekerheid met ons saam: God is met ons. Hy beskerm ons van alle kante net soos daar berge rondom Jerusalem is. Hy gee ons ook die oorwinning in sy Seun, Jesus Christus. En Hy is dag vir dag by ons in en deur sy Heilige Gees. As ons maar net vir elke dag op Hom vertrou, sal ons wees soos die Sionsberg wat nie wankel nie. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Verduidelik die vergelyking: “Soos die berge Jerusalem aan alle kante beskerm, so beskerm die Here sy volk, nou en vir altyd” (v2). Waarteen beskerm die Here ons volgens Psalm 125? Verduidelik die beeldspraak: “Dié wat op die Here vertrou, is soos Sionsberg wat nie wankel nie en altyd vas bly staan” (v 1). Video beskikbaar by https://www.youtube.com/watch?v=7XhJQOzOFs0

Comments

Login or signup comment.