Bergbron Gereformeerde Kerk Preke show

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

Summary: Preekopnames van Bergbron Gereformeerde Kerk se eredienste. Bergbron is ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en Bevryding Om mense hulle identiteit in Christus te laat ontdek omdat Christus hulle vrygemaak het om werklik in oorwinning te kan lewe tot eer van God.

Join Now to Subscribe to this Podcast
  • Visit Website
  • RSS
  • Artist: Gereformeerde kerk Bergbron
  • Copyright: Gereformeerde kerk Bergbron

Podcasts:

 Sondag 14 Junie 2020 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:58:49

Lees: 1 Kor 12:1-13,27-31. Fokus: 1 Kor 12:4-6. Die Drie-enige God is betrokke by die geestelike gawes. V4: Verskeidenheid genadegawes maar dieselfde Gees (Derde Persoon van die Goddelike Drie-eenheid). V5: Verskeidenheid bedieninge maar dieselfde Here Jesus Christus (Tweede Persoon van die Goddelike Drie-eenheid). V6: Verskeidenheid werkinge maar dieselfde God die Vader (Eerste Persoon van die Goddelike Drie-eenheid). Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: In watter Skrifgedeeltes word 'n lys gegee van gawes wat in verband gebring word met: God die Vader, die Here Jesus Christus, en die Heilige Gees? Gee 'n kort verduideliking van: die bemoedigende gawes van God die Vader, die bedieningsgawes van die Heilige Gees, en die leierskapsgawes van die Here Jesus Christus. Watter gawes is veral op jou van toepassing?

 Woensdag 10 Junie 2020 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:06:27

'n Bemoedigende boodskap in die middel van die week Skrifgedeelte: Hebreërs 4:2 Tema: Die Woord sonder geloof baat niks.

 Sondag 7 Junie 2020 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:38:06

Lees: 1 Kor 12:1-11. Fokus: 1 Kor 12:1. Wees ingelig oor die gawes van die Heilige Gees. Paulus vermaan ons om oor die gawes van die Gees nie onkundig te wees nie (v 1), en dan noem hy reeds voorbeelde van gawes wat vandag vir ons vreemd is en met groot agterdog bejeën word (v 8-10). Onkunde oor die gawes van die Gees vanweë 'n Streepteologie waarin geleerdes van die standpunt uitgegaan het dat sekere gawes van die Gees nie meer in die moderne tyd voorkom nie. Sekere gawes was nodig om die fondament van die kerk te lê. Die Bybel gee nêrens 'n aanduiding dat sekere genadegawes opgehou het om te funksioneer nie. Waaroor die Bybel wel uitgesproke is, is oor die werklikheid van die verskillende gawes wat die sleutel vir 'n kragtige en vrugbare geestelike lewe is. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Waarom bestaan daar soveel onkunde onder lidmate oor veral die besondere gawes wat Paulus in 1 Kor 12: 8-10 noem? Wat word bedoel met 'n streepteologie? Is dit reg of verkeerd? Kan jy getuig van God se bonatuurlike werking (gawes van die Gees) in en deur jou? Video beskikbaar by https://www.youtube.com/watch?v=3U7bOMgaW7M

 Woensdag 3 Junie 2020 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:11:46

Bemoedigende boodskap in die middel van die week. Skrifgedeelte: Hand. 10:38-48 met fokus op vers 44. Tema: Die Woord en die Heilige Gees belangrik om kerk te wees.

 Sondag 31 Mei 2020 (Nagmaal) Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:48:53

Lees: Lees: Hand 1:1-11. Fokus: Hand 1:3. Die koninkryk van God het in Jesus Christus naby gekom. In die veertig dae tussen Jesus se opstanding en hemelvaart, was die koninkryk van God die sentrale boodskap van Jesus aan sy dissipels (Hand 1:3). Die koninkryk van God was die hart van Jesus se hele aardse bediening. Selfs Johannes die Doper, wie die pad moes voorberei vir Jesus se koms na die aarde, begin sy prediking met die boodskap van God se koninkryk (Mat 3:1-2). En nadat Jesus gedoop is deur Johannes en met die Heilige Gees gesalf is as Messias, begin Hy ook sy prediking deur te sê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom” (Mat 4:17). Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Wat bedoel Johannes en Jesus as hulle sê: “Die koninkryk van die hemel het naby gekom”? (vgl Mat 3:1-2 en Mat 4:17) Beskryf die “reeds en die nog nie” van die koninkryk van God. Hoe laat God sy koninkryk kom vandag deur sy kerk? Hoe verhinder ons die koms van God se koninkryk?

 Woensdag 27 Mei 2020 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:09:45

'n Bemoedigende boodskap in die middel van die week Lees: Efs.2:4-7 met fokus op Efs. 2:6.   Tema: Ons sit saam met Christus Jesus in die hemel.

 Sondag 24 Mei 2020 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:42:54

Lees: Hand 1: 1-11. Fokus: Hand 1: 8. Die Heilige Gees bemagtig ons om getuies van Christus te wees. Wat is die verband tussen die gebeure die Sondagaand met Christus se opstanding (Joh 20:22) en die gebeure na Christus se hemelvaart met Pinkster waarna in Hand 1:8 verwys word? In die Ou Testament was die Heilige Gees met God se volk (wolk- en vuurkolom, tabernakel en tempel). Na Christus se kruisiging en opstanding kom woon die Heilige Gees in gelowiges (Joh 20: 22). Na Pinkster bemagtig die Heilige Gees ook gelowiges om getuies te wees (Hand 1:8). Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Hoe was die Heilige Gees in die Ou Testament by God se volk teenwoordig? Hoe verklaar jy die ontvangs van die Heilige Gees in Joh 20: 22? Wat is die verskil tussen die werk van die Heilige Gees voor en na Pinkster? Hoe weerstaan ons die bemagtigende werk van die Heilige Gees in ons lewens?

 Donderdag 21 Mei 2020 Hemelvaart Hendrik van Deventer | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:25:14

Hemelvaart 21 Mei 2020 Dr. Hendrik van Deventer Skrifgedeelte: Matt. 6: 9-10

 Sondag 17 Mei 2020 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:33:11

Lees: Hand 10:34-43. Fokus: Hand 10:38. Gesalf met die Heilige Gees vir genesing en bevryding in Jesus se Naam. Die kerk is in Hand 10 besig om deur sy Joodse grense te breek en die evangelie word aan heidene verkondig. Petrus gee 'n samevatting van Jesus se bediening op aarde aan Kornelius en sy mense. Jesus se bediening op aarde was die vervulling van 'n Ou Testamentiese profesie in Jes 61:1. Soos met die meeste OT profesieë sien ons 3 vlakke van vervulling. Jes 61:1-3 vind sy diepste vervulling in Jesus se eerste koms na die wêreld (Luk 4: 21). Op die derde vlak vind hierdie profesie sy vervulling met Pinkster toe Jesus sy Gees gestuur het na sy kerk op aarde. Wanneer 'n persoon gesalf word, kom die HG en gee aan die persoon Goddelike outoriteit en vermoë vir die taak waartoe God hom of haar geroep het. Ons het nou onder die salwing van die Heilige Gees die outoriteit om gevangenis te bevry en te genees op grond van Jesus se oorwinning. Die oorlog is gewen en ons deel in Christus se oorwinning en outoriteit oor die duiwel en sy magte! Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Gee 'n kort samevatting van Jesus se bediening op aarde volgens Hand 10:38. Wat beteken dit om met die Heilige Gees gesalf te word? Wat sê Kol 2:13-15 en Heb 2:14,15 aangaande Christus se oorwinning oor die duiwel en watter effek dit behoort te hê op ons lewens? Is ons outoriteit en mag in Christus slegs 'n toekomstige posisie wat geen effek op ons lewens vandag het nie?

 Woensdag 13 Mei 2020 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:09:31

Bemoedigende boodskap in die middel van die week. Lees: 2 Kor. 7:9,10  Tema: "Die Heilige Gees se oortuiging van sondes teenoor die duiwel se aanklagte".

 Sondag 10 Mei 2020 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:32:55

Lees: Joh. 16:1-11 met fokus op Joh. 16:7,8.  Tema: Die Heilige Gees as 'Parakleet'. Die Heilige Gees openbaar aan ons God se waarheid in Jesus Christus. Die droefheid is so diep in die dissipels se harte dat hulle Jesus se trooswoorde nie meer regtig hoor nie (v 5). Die werk van die Gees as Parakleet is om ons oë te open vir die onsigbare werklikhede agter die sigbare dinge wat normaalweg ons ganse wese in beslag neem. Die Jode het gedink dat deur die kruis Jesus van Nasaret se mag finaal gebreek is. Wat in werklikheid gebeur het, is dat juis in en deur die kruis van Jesus die mag van Satan, hulle owerste, finaal gebreek is. Die Gees kom van God en weet wat God wil. Hy openbaar aan ons God se volle waarheid oor ons lewens. Moenie 'n punt plaas in jou lewe waar God 'n komma plaas nie. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Beskryf die werk van die Heilige Gees as Parakleet. Het jy al enige openbaring van die Heilige Gees ontvang in verband met 'n oënskynlike hopelose situasie? Wat word bedoel met: “Moenie 'n punt plaas in jou lewe waar God 'n komma plaas nie.”

 Woensdag 06 Mei 2020 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:09:33

Bemoedigende boodskap in die middel van die week. Skrifgedeelte: Joh. 14:30 Tema: Die owerste van die wêreld het niks in My nie.

 Sondag 3 Mei 2020 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:27:05

Lees Num. 11:26-29.  Die Heilige Gees maak jou vry om jou gawes te gebruik in God se koningkryk. Video beskikbaar by https://www.youtube.com/watch?v=bfqALh9vxNQ

 Woensdag 29 April 2020 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:08:22

Lees Markus 6: 35-44 'n Bemoedigende boodskap in die middel van die week.

 Sondag 26 April 2020 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:21:29

Lees Josua 1:1-9 Hoe om 2020 suksesvol te leef (deel 3)

Comments

Login or signup comment.