Bergbron Gereformeerde Kerk Preke show

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

Summary: Preekopnames van Bergbron Gereformeerde Kerk se eredienste. Bergbron is ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en Bevryding Om mense hulle identiteit in Christus te laat ontdek omdat Christus hulle vrygemaak het om werklik in oorwinning te kan lewe tot eer van God.

Join Now to Subscribe to this Podcast
  • Visit Website
  • RSS
  • Artist: Gereformeerde kerk Bergbron
  • Copyright: Gereformeerde kerk Bergbron

Podcasts:

 Woensdag 26 Mei 2021 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:06:05

'n Bemoedigende boodskap uit Jakobus 4:7 met die tema: "Onderwerp jou aan God en staan die duiwel teë."

 Sondag 23 Mei 2021 Pinkster, Sebastiaan Floor | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:30:30

Lees: Johannes 16:12-15.  Die Gees van die waarheid wat Christus verheerlik.

 Woensdag 19 Mei 2021 Pieter de Klerk | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:10:41

'n Bemoedigende boodskap deur ouderling Pieter de Klerk.

 Sondag 16 Mei 2021 Stepan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:30:23

Lees: Luk 5:1-11, Luk 22:31-34 en Joh 21:1-14 Fokus: Luk 5:8 Die ver en genadige naby wees van God se koninkryk. Petrus voel ver van God se koninkryk, maar God se koninkryk is by hom met Jesus in sy visserskuit. Dit is die paradoks van God se koninkryk. God se koninkryk voel baie keer vir ons so ver, terwyl dit so naby is. Ander kere voel God se koninkryk so naby, terwyl dit so ver is. Waar staan jy? Voel jy ook ver van God se koninkryk soos Petrus? Is jy naby of ver van God se koninkryk? Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Verduidelik hoekom Petrus in Luk 5:1-11so ver gevoel het van God se koninkryk, terwyl die koninkryk so naby was. Verduidelik hoekom Petrus in Luk 22:31-34 so naby gevoel het, terwyl hy so ver was van God se koninkryk. Verduidelik hoekom Petrus in Joh 21:1-14 weer so ver gevoel het van God se koninkryk, terwyl die koninkryk so naby was.

 Donderdag 13 Mei 2021 Dirk van't Zand | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:32:01

Hemelvaartdiens gelei deur Ds. Dirk van't Zand Lees Johannes 14 vanaf vers 18.

 Woensdag 12 Mei 2021 Jacques Moolman | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:05:03

'n Bemoedigende boodskap deur ouderling Jacques Moolman.

 Sondag 9 Mei 2021 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:28:06

Lees: Luk 5:1-11 en Joh 21:1-14 Fokus: Luk 5:8 Waartoe bring sondebesef jou? 1. Die Here se optrede in ons lewens lei tot sondebesef. Jesus se wonderwerk in Petrus se visserswêreld waar hy die “kundige” is, maak Petrus se oë oop en hy erken Jesus se Goddelikheid. Hy noem Jesus nou in ons fokusvers: “Here”. Dit is ‘n titel vir God en dui op God wat bonatuurlike outoriteit uitoefen oor die ganse skepping. Jesus is nou vir Petrus meer as ‘n Leermeester, hy erken dat Jesus God is. Daarom val Petrus neer en roep: “…ek is ‘n sondige mens.” Dit is die natuurlike reaksie by die mens wanneer God verskyn: jy kom onder die indruk van jou sondigheid. 2. Die hantering van ons sondebesef. Petrus erken wel op hierdie stadium dat Jesus God is, maar hy ken en glo nog nie in Hom as die Verlosser van sondes nie. Uit onkunde en ongeloof stuur hy sy enigste Verlosser en Saligmaker weg uit sy lewensbootjie. So kan jy ook vandag Jesus uit jou lewensbootjie wegstuur omdat jy nog nie werklik in Hom glo as enigste Saligmaker en Verlosser nie. Genadiglik het Jesus nie gehoor gegee aan Petrus se versoek nie. En ons lees in Joh 21:1-14 dat net na Jesus se kruisiging en opstanding uit die dood, Petrus weer ‘n kans kry. Dit is dieselfde omstandighede maar Petrus se optrede is die tweede keer so anders. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Petrus spreek Jesus aanvanklik aan as “Meneer” (Luk 5:5). Wat het veroorsaak dat Petrus Jesus later as “Here” (Luk 5:8) aanspreek? Hoekom stuur Petrus vir Jesus as Here weg? Hoe doen ons dieselfde vandag? Wat is die verskil in Petrus se optrede die tweede keer na Jesus se kruisiging en opstanding waarvan ons lees in Joh 21:1-14? Wat is die regte hantering van ons sondebesef?

 Woensdag 5 Mei 2021 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:09:37

'n Bemoedigende boodskap uit Romeine 8:28-30 met die tema: "Vyf fases om jou Goddelike bestemming te bereik" (fase 5).

 Sondag 2 Mei 2021 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:29:12

Lees: Mat 28:16-20. Fokus: Mat 28:19a. Die 5 M’e van Jesus se bediening (deel 2). Om effektief Jesus se bediening voort te sit en dissipels van alle nasies te maak, moet ons verstaan wat Jesus se bediening alles behels. Jesus se bediening kan ons beskryf met 5 M’e: Missie, Message(boodskap), Middel, Metode en Model. Jesus se Missie: Jes 61. Jesus se “Message” (Boodskap): Die Koninkryk het naby gekom. Jesus se Middel: Die Heilige Gees. Jesus se Metode: Vermenigvuldiging. Jesus se Model: Vertel-en-Wys Evangelie. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Verduidelik Jesus se bediening aan die hand van: Jesus se Missie: Jes 61. Jesus se “Message” (Boodskap): Die Koninkryk het naby gekom. Jesus se Middel: Die Heilige Gees. Jesus se Metode: Vermenigvuldiging. Jesus se Model: Vertel-en-Wys Evangelie.

 Woensdag 28 April 2021 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:09:15

'n Bemoedigende boodskap uit Romeine 8:28-30 met die tema: "Vyf fases om jou Goddelike bestemming te bereik" (fase 4).

 Sondag 25 April 2021 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:30:57

Lees: Mat 28:16-20. Fokus: Mat 28:19a. Die 5 M’e van Jesus se bediening. Om effektief Jesus se bediening voort te sit en dissipels van alle nasies te maak, moet ons verstaan wat Jesus se bediening alles behels. Jesus se bediening kan ons beskryf met 5 M’e: Missie, Message(boodskap), Middel, Metode en Model. Jesus se Missie: Jes 61. Jesus se “Message” (Boodskap): Die Koninkryk het naby gekom. Jesus se Middel: Die Heilige Gees. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Verduidelik Jesus se bediening aan die hand van: Jesus se Missie: Jes 61. Jesus se “Message” (Boodskap): Die Koninkryk het naby gekom. Jesus se Middel: Die Heilige Gees.

 Woensdag 21 April 2021 Gert van Straaten | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:06:36

'n Bemoedigende boodskap deur ouderling Gert van Straaten.

 Woensdag 14 April 2021 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:07:49

'n Bemoedigende boodskap uit Romeine 8:28-30 met die tema: "Vyf fases om jou Goddelike bestemming te bereik" (fase 3).

 Woensdag 7 April 2021 Christiaan Mulder | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:05:56

'n Bemoedigende boodskap deur ouderling Christiaan Mulder.

 Woensdag 31 Maart 2021 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:08:20

'n Bemoedigende boodskap uit Matteus 26:36-46 met die tema: "Getsemane - deel in Christus se oorwinning."

Comments

Login or signup comment.