Bergbron Gereformeerde Kerk Preke show

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

Summary: Preekopnames van Bergbron Gereformeerde Kerk se eredienste. Bergbron is ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en Bevryding Om mense hulle identiteit in Christus te laat ontdek omdat Christus hulle vrygemaak het om werklik in oorwinning te kan lewe tot eer van God.

Join Now to Subscribe to this Podcast
  • Visit Website
  • RSS
  • Artist: Gereformeerde kerk Bergbron
  • Copyright: Gereformeerde kerk Bergbron

Podcasts:

 Sondag 23 Januarie 2022 Greg Aucamp | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:40:55

Lees: Filippense 2: 1 - 18 Die hart van ‘n dienskneg.

 Sondag 16 Januarie 2022 Christiaan Mulder | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:27:25

Lees: Mat 3: 13 – 4: 11 Wandel met God.

 9 Januarie 2022 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:40:13

Lees: Eks 3:13 – 4:17. Fokus: Eks 4: 2 (2020 Vertaling) Wat het jy in jou hand? Eerstens moes Moses sy identiteit plaas in die Here. Tweedens betrek die Here Moses by sy geweldige verlossingsplan deur eenvoudig vir hom te vra om dit wathy het te gebruik. Derdens, gebruik nou dit wat jy in jou hand het om betrokke te raak waar die Here besig is om te werk omsy verlossingsplan in mense se lewens deur te voer. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Wie is jy? Wat het jy in jou hand wat jy tot beskikking van die Here kan stel? Waar is die Here in jou lewe besig om sy verlossingsplan in mense se lewens deur te voer?

 Sondag 2 Januarie 2022 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:30:21

Skriflesing: Psalm 91 Fokusverse: 1 en 2 Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind en die beskerming van die Almagtige geniet, hy sê vir die Here: “U is my toevlug en my veilige vesting, my God op wie ek vertrou.”

 Kersdag 25 Desember 2021 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:29:34

Skriflesing: Johannes 1:1-18 Fokus vers 14.

 Sondag 19 Desember 2021 | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:23:43

Skriflesing: 1 Korintiërs 2

 Sondag 12 Desember 2021 Greg Aucamp | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:42:36

Skriflesing: Lukas 8:4-21

 Sondag 5 Desember 2021 Wimpie Jansen van Vuuren | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:32:32

Ons verwelkom teologiese student Wimpie Jansen van Vuuren by ons. Skriflesing: Efesiërs 2:17 – 32 Fokusverse: vers 20 – 24 Tema: God herstel ons na Sy beeld, leef daarom as die nuwe mens waartoe jy geroep word. Hoofpunte: God herstel, deur Christus, Sy kinders na sy beeld. Lewe daarom as die nuwe mens waartoe jy geroep word. Opsomming van die preek:In die moderne wêreld waarin ons leef is daar baie verdraaide beelde van hoe ‘n Christen se lewe moet lyk. Ons sien elke dag dat mense hulself Christene noem, maar volhard in hulle sondige begeertes. Wat leer die Skrif ons hieroor? Paulus maak dit baie duidelik in Efesiërs 4:17-32 dat ons nie meer soos die ou sondige mense moet lewe nie. Christus het gekom en die mens weer herstel na die beeld van God (hoe God ons oorspronklik geskep het), daarom kan ons nou ook die ou mens aflê en die nuwe mens aantrek deur die kragtige werking van die Heilige Gees. Daarom kan en moet ons lewe as die nuwe mens waartoe ons, in Christus, geroep is.

 Sondag 21 November 2021 Stepan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:35:50

Lees: Lev 16:1-10 en Ef 1:3-14. Fokus: Ef 1:7. Die betekenis van die bloed van Christus. Lev 16 verse 8-9: “Hier moet Aäron lootjies trek oor die bokke. Die een lootjie moet gemerk wees ‘vir die Here’ en die ander een ‘vir Asasel’. Aäron moet die bok wat vir die Here geloot word, as ‘n sondeoffer offer.” Jesus was met sy bloed aan die kruis beide sondeoffers wat op die Versoendag gebring moes word. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Hoe was Jesus die sondeoffer ‘vir die Here’ in ons plek? Hoe was Jesus die sondeoffer ‘vir Asasel’ in ons plek? Hoekom is vergifnis so belangrik?

 Sondag 14 November 2011 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:34:36

Lees: Mat 6:24-34 en Spreuke 28:18-22. Fokus: Spreuke 28:20. ‘n Betroubare man is baie voorspoedig. Die Spreukeskrywer (28:20) beskryf ‘n persoon wat deur ‘n gees van Mammon beheer word, as volg: “Een wat gou ryk wil word, sal sy straf kry.” Geld is nie boos nie, maar ‘n liefde vir geld (1Tim 6: 10). Mammon (liefde vir geld) probeer ons byvoorbeeld wysmaak dat die hoeveelheid geld wat menshet, die graad van jou geluk bepaal. Tov die voorsiening in ons behoeftes, leer Jesus spesifiek teen die ideë van saai en maai (vgl Mat6:26). Mossie-geloof: God sal uit genade en liefde die nodige middele voorsien om sy visie vir jou (jouskeppingsdoel) te bereik. As mense betroubaar is met wat God hulle gee (uitleef van skeppingsdoel), is hulle voorspoedig engeseënd (Spreuke 28:20a). Geld volg gewoonlik visie. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Gee ‘n beskrywing van iemand wat beheer word deur ‘n gees van Mammon. Wat word bedoel met “Mossie-geloof”? Wat is die bepalende faktor vir God se voorsiening in ons behoeftes? Beskryf “’n Betroubare man” in Spreuke 28:20.

 Woensdag 11 November 2021 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:06:34

'n Bemoedigende boodskap uit Rigters 7:4-7 met die tema: Hoe om vir die geveg voor te berei?

 Sondag 7 November 2021 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:38:44

Lees: Rom 10:14-21. Fokus: Rom 10:17. Ons geloof word bepaal deur hoe goed ons God ken. Hoe beter ons God en sy Woord ken, hoe groter geloof sal ons hê. As ons baie kennis van God se Woord het, baie kennis van Jesus en wat waar is in Hom – dan sal ons ook baie geloof hê. Die geloofshelde van Hebreërs 11 het groot geloof gehad, omdat hulle geweet het dat hulle ‘n groot God het. Groot God, groot geloof! As ons enigiets aangaande God glo sonder om dit te bevestig vanuit die Bybel, is ons besig om onsself te mislei en moet ons onsself regmaak vir ‘n groot geloofskrisis. Die probleem is dan nie God se betroubaarheid nie maar ons valse oortuiginge aangaande God wat ons geloof ondermyn. Om die waarheid te ontdek moet ons dit vind in die Woord van God. My verstaan van God verdiep ook elke keer wanneer ek die Woord begin gehoorsaam. Ek mag dalk aanvanklik nie weet waarom God wil hê dat ek iets moet doen nie, maar sodra ek my verbind om dit te doen, verstaan ek baie keer later waarom ek dit moes doen. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Verduidelik hoe jou kennis van God se Woord jou geloof beïnvloed. Wat staan in die pad dat God se wil in jou lewe geskied? Wat is ‘n Goddelike wonderwerk? Wat glo jy aangaande God se wil vir jou lewe?

 Sondag 31 Oktober 2021 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:35:53

Lees: Jak 2:14-26 en Heid Kat Sondag 24 (vr en antw 62-64). Plek en betekenis van goeie werke in die lewe van ‘n Christen. Goeie werke is onverdienstelik (antw 62). Goeie werke is tog noodsaaklik (antw 64). Goeie werke word uit genade ook beloon (antw 63). Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Hoekom staan ons almal skuldig ten opsigte van al God se gebooie? Waarvan is goeie werke ‘n bewys in ons lewens? Verduidelik God se beloning op ons goeie werke.

 Sondag 24 Oktober 2021 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:37:32

Lees: Rom 3:21-31 en Heid Kat Sondag 23 (vr en antw 59-61). Ons is in Christus voor God regverdig deur die geloof. Ons is voor God regverdig. Ons is in Christus regverdig. Ons is deur die geloof regverdig. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Wat beteken dit om regverdig voor God te wees? Hoe is dit moontlik om regverdig voor God te wees? Moet ek God se genade met my geloof verdien? Is geloof ‘n goeie werk van my kant af?

 Sondag 17 Oktober 2021 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:27:32

Lees: Joh 5:41-47. Fokus: Joh 5:44. Soek die eer wat van die enigste God af kom. Omdat die Jode en hulle geestelike leiers die eer van mense gesoek het, was hulle nie instaat om te sien wat God besig was om voor hulle oë te doen nie – die grootste en kragtigste optrede van God in die wêreld se geskiedenis! Om die eer en goedkeuring van God te soek, beteken eerstens om Jesus in die geloof te aanvaar as God se beloofde Messias. Tweedens, die begeerte na goedkeuring en eer van mense verhoed en verbreek intimiteit met God en sal ons nie die leiding van die Heilige Gees ervaar nie. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Wat is die implikasie van Jesus se woorde dat Hy saam met die Vader werk (Joh 5:17) nadat Hy ‘n man op die sabbatdag genees het? Verduidelik die rede vir die ongeloof van die Jode en hulle geestelike leiers. Wat is die enigste weg om die eer en goedkeuring van God die Vader te ontvang? Wat is die gevolge van ‘n begeerte na goedkeuring en eer van mense? Bespreek ook praktiesevoorbeelde in die kerk.

Comments

Login or signup comment.