Bergbron Gereformeerde Kerk Preke show

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

Summary: Preekopnames van Bergbron Gereformeerde Kerk se eredienste. Bergbron is ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en Bevryding Om mense hulle identiteit in Christus te laat ontdek omdat Christus hulle vrygemaak het om werklik in oorwinning te kan lewe tot eer van God.

Join Now to Subscribe to this Podcast
  • Visit Website
  • RSS
  • Artist: Gereformeerde kerk Bergbron
  • Copyright: Gereformeerde kerk Bergbron

Podcasts:

 Sondag 4 Desember 2022 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:48:43

Lees: Gen 2:25 – 3:10. Fokus: Gen 3:7. Skaamte dryf ons om sondes vir God te probeer wegsteek. 1. Oorsprong van skaamte. Voor sondeval was daar geen skaamte (Gen 2:25). Na die sondeval was die eerste reaksie by die mens skaamte en vrees (Gen 3:10). Adam en Eva se gewetensoë het oop gegaan nadat hulle gesondig het en skuldig gestaan het. Sonde is die oorsprong van skaamte – sonde wat jyself doen asook sondige dade wat ander teenoor jou doen. 2. Gevolge van skaamte. Adam en Eva het hulle skaamte probeer bedek deur klere van vyeblare te maak en vir God te probeer wegkruip. Alle maniere wat ons gebruik om ons skaamte mee te bedek is tevergeefs en nietig soos klere van vyeblare. As jy vanweë sonde soos ‘n hopelose mislukking voel, bely dit eerlik voor die Here en aanvaar die vergifnis in Christus(1 Joh 1:9). Bid dat die Heilige Gees deur die Woord jou geloofsoë sal oopmaak sodat jy jouself sal sien soos God na jou kyk in Christus. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Wat is die verskil tussen skuldgevoelens en skaamte? Wat beteken dit dat Adam en Eva se oë na die sondeval oopgegaan het? Noem maniere waardeur skaamte op mense geplaas word? Wat is gewoonlik die reaksie as mense skaamte ervaar? Watter maniere gebruik ons vandag om ons skaamte mee te bedek? Hoe maak Christus ons vry van skaamte?

 Sondag 20 November 2022 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:34:15

Lees: Kol 2:6-15. Fokus: Kol 2:13. Die lewe vanuit Christus se vergifnis! In ‘n geestelike dooie en verrottende toestand het God ons liefgehad en aanvaar. Christus het aan die kruis alles vernietig en vir goed weggeneem wat nog tussen ons en God gestaan het, sodat ons nou geestelik kan lewe in ‘n intiem persoonlike verhouding met God. Die alles van God verskil van jou alles en my alles. Omdat God in die perfekte hede bestaan, ken Hy al jou sondes nog voordat jy dit gepleeg het inhierdie dimensie van tyd en ruimte. My kindskap hang nie van my optrede af nie, maar is ge-anker in die volmaakte bloed vanChristus. Ek kan myself en ander nou ook aanvaar deur die bloed van Jesus! Alles is gegrond op die bloedvan Jesus! Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Hoekom aanvaar en het God ons lief? Wat is die verskil tussen God se alles en ons alles? Wat beteken dit dat God in die perfekte hede bestaan en nie gebonde is aan tyd en ruimte nie? Wat beteken dit as ek altyd probleme het met die mense rondom my?

 Sondag 13 November 2022 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:38:57

Lees: Kol 2:6-15. Fokus: Kol 2:14. Christus het die skuldbewys teen ons tot niet gemaak. Ware skuld het niks te doen met skuldige gevoelens nie. Elke persoon na die sondeval word gebore met ‘n “skuldbewys met sy eise.” Menslike strategieë wat nie werk om van ons skuld ontslae te raak nie: Regverdigmaking deurgoeie werke; of godsdienstige agtergrond; of vergelyking. God se oplossing vir ons skuld: Christus skryf met sy bloed “Ten volle betaal”, oor elkeen van onswat in Hom glo se “skuldbewys met sy eise.” Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Lewe jy uit God se genade of word jou lewe gedryf deur skuldgevoelens? Was jy al skuldig sonder om skuldig te voel? (Gee voorbeelde) Verduidelik die enigste oplossing hoe om van skuld voor God ontslae te raak.

 Sondag 6 November 2022 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:39:31

Lees: Luk 15: 1-3, 11-32. Fokus: Luk 15: 28-30. God se liefde en aanvaarding is alleen uit genade in Christus. Die oudste seun het ‘n wettiese verhouding met sy pa. Die oudste seun koester wrokke teenoor sy jonger broer. Die oudste seun was heeltemal onbewus van wie hy was en wat hy alles besit as kind van sy pa. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Het God se liefde en aanvaarding iets te doen met ons werke? Dit is alleen uit _____ in Christus. Wat is baie keer die rede vir ‘n gebrek aan besorgdheid oor mense en ‘n traak-my-nie-agtigheid? Wat verhinder jou dalk om uit te reik na sondaars en sosiaal verstotenes?

 Sondag 30 Oktober 2022 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:34:01

Lees: Luk 15:1-3,11-32. Fokus: Luk 15:23-24. Feesvierende God! Alreeds in die OT het God Homself geopenbaar as ‘n God wat hou van feesvier en gedien word deur feeste. Jesus se eerste wonderwerk was ook by ‘n bruilofsfees. God is ‘n feesvierende God vir al die regte redes. Keer terug met jou sondige lewe na God die Vader en word so ‘n genooide gas van die bruilofsmaal van dieLam. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Hoekom vertel Jesus hierdie gelykenis? Watter leuen probeer Satan versprei aangaande God se karakter? Wat verskaf uitbundige vreugde aan God die Vader?

 Sondag 23 Oktober 2022 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:39:43

Lees: Luk 15:1-3,11-32. Fokus: Luk 15:20-22. God se liefde in Christus vir sondaars en verstotenes. God gee ons die vryheid om soms te misluk. God is voortdurend op die uitkyk wanneer keer ons terug na Hom. God verwyt nie maar is vol vreugde wanneer ons terugkeer na Hom. Kindskap word dadelik herstel as ons terugkeer na God. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Hoekom vertel Jesus hierdie gelykenis? Beskryf God die Vader se hart teenoor sondaars en verstotenes. Op watter wyse word die jonger seun se posisie herstel in sy vader se huis?

 Sondag 22 Oktober 2022 Christiaan Mulder | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:36:45

Lees: Matteus 10: 34 - 39 Keuses: Wat beteken dit om Jesus te kies?

 Sondag 9 Oktober 2022 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:43:04

Lees: Joh 1:1-18. Fokus: Joh 1:14. Jesus Christus is die openbaring van God se heerlikheid.

 Sondag 2 Oktober 2022 Stepan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:39:05

Lees: 2 Kor 3:12 – 4:15. Fokus: 2 Kor 4:4- 6. Christus is die openbaring van God se heerlikheid in ons. Ons is draers van God se heerlikheid (vers 6). Bedekking van God se heerlikheid in ons (vers 5). Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Hoe word ons draers van God se heerlikheid? Hoe word God se heerlikheid in ons bedek? Ons vra om verskoning vir die kwaliteit, daar was onbeplande kragonderbrekings

 Sondag 25 September 2022 | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:38:56

Lees: Jesaja 50: 4 – 7 Die weg van die Kruis

 Sondag 18 September 2022 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:38:26

Lees: Joh 8:1-11. Fokus: Joh 8:10-11. Pasop om ‘n Fariseër te wees! Reëls word belangriker as mense. Jou siening word God se siening. Jou sondes probeer bedek met uiterlike wetsonderhouding. Jesus keur nie die sonde goed nie, maar behou die sondaar (vers 11). Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Waarom kan ons vandag ook maklik soos Fariseërs word? Verduidelik die kenmerke van ‘n Fariseër. < li>Hoe hanteer Jesus sondaars?

 Sondag 11 September 2022 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:42:49

Lees: 2 Kor 3:4-11 en 2 Kor 4:1-7 (OAV). Fokus: 2 Kor 4:2. Verwerp die verborge dinge van skaamte deur die waarheid in Christus. God wil ons verander van heerlikheid tot heerlikheid (2 Kor 3:18) maar skaamte staan in die pad. Beskaming sê vir jou jy is foutief in jou wese, jou bestaan is ‘n fout, jy het dit maar net nie wat nodig is in jou omstandighede nie. Skaamte word op jou geplaas deur onverwagse woede uitbarstings van mense in gesagsposisies oor jou. Skaamte laat jou op jouself, die erdekruik (verse 5,7), fokus. Paulus noem 2 maniere waardeur ons ons skaamte probeer verberg: geslepe kundigheid en vervalsing van die Woord van God. Hierdie maniere waarmee ons ons skaamte probeer verberg, moet ons verwerp deur “die waarheid aan die lig te bring…” Die Heilige Gees laat ons in elke omstandighede fokus op die waarheid in Christus en bring so vir ons bevryding van skaamte. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Hoe blokkeer skaamte God se heerlikheid in jou lewe? Op watter gebied van jou lewe voel jy waardeloos en hopeloos? Op watter maniere probeer jy skaamte in jou lewe verberg? Wat doen jy om goed te lyk en te voel voor mense? Wat is vir jou waar in Christus ivm ‘n spesifieke skaamte in jou lewe?

 Sondag 4 September 2022 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:37:49

Lees: Rom 9:30 – 10:4. Fokus: Rom 9:32, 33 (1953 AV). Glo in Jesus Christus teen beskaamdheid. God se manier van regverdiging in Christus het die Jode beskaamd gelaat omdat hulle staat gemaak het op hulle eie wettiese prestasies. Verskil tussen skuld en beskaamdheid: skuld dui op foutiewe dade en beskaamdheid dui op foutief wees in jou wese. Satan gebruik veral die volgende leuen om beskaamdheid op ons te plaas: Jou dade bepaal jou identiteit. Die waarheid in God se koninkryk: Jy + Christus = ‘n heel mens met ‘n gelukkige en sinvolle lewe. Christus het al ons beskaamdheid op Hom geneem en daarvoor versoening gedoen aan die kruis. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Verduidelik die verskil tussen beskaamdheid en skuld. Word jou identiteit (wie jy is) bepaal deur wat jy doen, of word wat jy doen bepaal deur wie jy is? Hoe bevry Christus ons van beskaamdheid?

 Sondag 28 Augustus 2022 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:31:51

Lees: Heb 12:14-24. Fokus: Heb 12:15. Betekenis en gevolge van bitterheid (deel 2). Om ‘n ander persoon of omstandighede die reg te gee om my waarde en toekoms te bepaal, is afgodery. Vergifnis verwyder die persoon wie verhoog is tot ‘n plek van afgodery, en herstel Christus weer tot dieposisie van mag en outoriteit in my lewe. Bitterheid verontrus en besoedel nie net jou eie hart nie, maar ook van die persone rondom jou en kan selfs‘n generasie-patroon in jou familie vestig. Sleutel tot vergifnis: Leer om identiteit van gedrag te skei. Nog ‘n gevolg van bitterheid is dat dit jou blokkeer om God se genesende krag en liefde te ontvang. Breek met vergifnis jou selfverdedigings-meganismes af, en laat God se genesende krag en liefde inChristus deur jou vloei. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Hoe word ek vry van afgodery wat kom deur verbittering? Hoe word baie besmet deur verbittering in jou hart? Bitterheid blokkeer dalk verdere seerkry, maar dit blokkeer ook _________________________? Hoe breek ek generasie-patrone en selfverdedigings-meganismes af?

 Sondag 20 Augustus 2022 Greg Aucamp | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:35:38

Lees: Matt. 28: 16 - 20 Die gesag van Jesus.

Comments

Login or signup comment.