Sondag 4 Desember 2022 Stephan Briel

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke show

Summary:
Lees: Gen 2:25 – 3:10.
Fokus: Gen 3:7.

Skaamte dryf ons om sondes vir God te probeer wegsteek.

1. Oorsprong van skaamte.

Voor sondeval was daar geen skaamte (Gen 2:25). Na die sondeval was die eerste reaksie by die mens skaamte en vrees (Gen 3:10).

Adam en Eva se gewetensoë het oop gegaan nadat hulle gesondig het en skuldig gestaan het.

Sonde is die oorsprong van skaamte – sonde wat jyself doen asook sondige dade wat ander teenoor jou doen.

2. Gevolge van skaamte.

Adam en Eva het hulle skaamte probeer bedek deur klere van vyeblare te maak en vir God te probeer wegkruip.

Alle maniere wat ons gebruik om ons skaamte mee te bedek is tevergeefs en nietig soos klere van vyeblare.

As jy vanweë sonde soos ‘n hopelose mislukking voel, bely dit eerlik voor die Here en aanvaar die vergifnis in Christus(1 Joh 1:9).

Bid dat die Heilige Gees deur die Woord jou geloofsoë sal oopmaak sodat jy jouself sal sien soos God na jou kyk in Christus.

Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

Wat is die verskil tussen skuldgevoelens en skaamte?

Wat beteken dit dat Adam en Eva se oë na die sondeval oopgegaan het?

Noem maniere waardeur skaamte op mense geplaas word?

Wat is gewoonlik die reaksie as mense skaamte ervaar?

Watter maniere gebruik ons vandag om ons skaamte mee te bedek?

Hoe maak Christus ons vry van skaamte?