Bergbron Gereformeerde Kerk Preke show

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

Summary: Preekopnames van Bergbron Gereformeerde Kerk se eredienste. Bergbron is ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en Bevryding Om mense hulle identiteit in Christus te laat ontdek omdat Christus hulle vrygemaak het om werklik in oorwinning te kan lewe tot eer van God.

Join Now to Subscribe to this Podcast
  • Visit Website
  • RSS
  • Artist: Gereformeerde kerk Bergbron
  • Copyright: Gereformeerde kerk Bergbron

Podcasts:

 Sondag 25 Julie 2021 Dirk van’t Zandt | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:22:56

Lees: Eksodus 25:23-30 By die Here aan tafel. Die Here is nie soos afgode nie. Die afgode moet versorg word. Die Here is die een wat versorg en versadig. Ons kan miskien ons koppe meewarig skud oor mense wat vandag nog hulle afgode met kos versorg, maar hoe moeilik is dit vir ons om vanuit die genade te leef. Om te sê: "U genade is vir my genoeg"? Die tafel met toonbrode in die heilige deel van die ark leer ons om afhanklik van die Here te leef. Hy sal vir ons sorg. Ja, sy genade is genoeg. Ons weet dat Hy ons nie net voer soos wat 'n mens 'n dier voer nie. Nee, Hy nooi ons na sy tafel toe. Na 'n gemeenskap-maaltyd. Hy vul nie net ons mae nie, Hy vul ons lewe met Homself. God se versorging word nog duideliker wanneer Jesus sê: "Ek is die brood van die lewe." Hierdie brood, Jesus Christus, hou jou nie net aan die lewe nie, Hy verander jou lewe. Deur die gemeenskap met Jesus kom woon Hy in jou en jy kom woon in Hom. Jesus gee Homself en Hy gee Homself aanhoudend sodat ons wesentlik verander. Verander van 'n mens in Adam tot 'n mens in Christus. Verander van 'n woonplek van sonde tot 'n tempel van die Heilige Gees. God versorg ons en Hy versadig ons. Die tafel in die heilige deel van die tabernakel is deel van die diens aan die Here. Dit is die diens aan die Here waardeur 'n mens se diepste honger versadig word. Teenoor die verskriklike leegheid wat sonde bring, staan die heerlike volheid wat mens beleef wanneer jy saam met God leef en werk. Versadigde mense word versorgende mense. Jou hart is seer oor die fisiese honger, maar veral oor die geestelike honger in die wêreld. En ons is die mense wat weet waar brood in oorvloed is.

 Woensdag 21 Julie 2021 Pieter de Klerk | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:10:48

'n Bemoedigende boodskap deur ouderling Pieter de Klerk.

 Sondag 18 Julie 2021 Christiaan Mulder | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:41:57

Lees: Psalm 91 Die stryd behoort aan die Here

 Woensdag 14 Julie 2021 Jacques Moolman | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:07:19

'n Bemoedigende boodskap deur ouderling Jacques Moolman uit Mat 5:1-12.

 Woensdag 7 Julie 2021 Michael Kruger | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:14:31

'n Bemoedigende boodskap deur ouderling Michael Kruger.

 Woensdag 30 Junie 2021 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:07:04

'n Bemoedigende boodskap uit Gal 5:16-18 met die tema: Moenie lewe onder jou verlossing potensiaal nie.

 Sondag 27 Junie 2021 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:32:01

Lees: Joh 20:19-25. Fokus: Joh 20:21. Gelowiges is ambassadeurs van Christus. 1. Hoe het ons ambassadeurs geword? Hierdie vrede in vers 21 dui op die beginpunt van ‘n nuwe lewensorde: Die oorwinning is behaal, die prys is betaal, die dood en sy magte is oorwin. Na Christus se kruisiging en opstanding kom woon die Heilige Gees in God se kinders (v 22) en bemagtig ons as ambassadeurs. 2. Die eise van ambassadeurskap. Christus stuur ons uit in die wêreld as sy ambassadeurs om sy Koninkryksbeleid te proklameer en so sy krag en heerskappy op aarde vry te laat. Om dit te doen, moet ons ophou om soos toeriste te dink maar soos ambassadeurs. ‘n Ambassadeur handhaaf kontak en kommunikasie met sy regeringshoofkwartier. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Wat beteken die “vrede vir julle” in vers 21? Wat is die verskil tussen ‘n ambassadeur en ‘n toeris? Wat beteken dit dat ons ambassadeurs van God se koninkryk op aarde is?

 Woensdag 23 Junie 2021 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:05:42

'n Bemoedigende boodskap uit Psalm 119:89,90 met die tema: God se Woord staan vir altyd vas.

 Sondag 20 Junie 2021 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:34:36

Lees: 1 Sam 17:31-58. Fokus: 1 Sam 17:36 (OAV). Ervaringskennis lei tot Verbondsoutoriteit. Saul was eintlik ‘n vreemdeling tov die HERE se verbond alhoewel hy intellektuele kennis van dieverbond gehad het. Dawid het ervaringskennis van die verbond gehad. Dawid reageer nie soos Saul deur te vra: “Wat gaan ons doen?” nie, maar vra eerder: “Wat het God gesê?” Dawid het geweet dat hy eenvoudig net moet opdaag en sy verbondsoutoriteit gebruik om God se kennis en mag in die situasie los te laat. Ervaringskennis stel ons instaat om effektief ons verbonds-outoriteit te gebruik. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Wat was die verskil tussen Saul en Dawid se kennis van die HERE se verbond? Hoekom reageer Dawid en Saul verskillend op Goliat se uitdaging? Wat verhinder Christene om ervaringskennis op te doen van die verbond? Hoe laat ons God se kennis en mag vry in situasies?

 Woensdag 16 Junie 2021 Gert van Straaten | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:07:33

'n Bemoedigende boodskap deur ouderling Gert van Straaten uit Joh 14:13-14.

 Sondag 13 Junie 2021 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:26:12

Lees: Ef 2:11-18. Fokus: Ef 2:12 (OAV). Vreemdelinge ten aansien van God se verbond. Om werklik te leef in die verbondsbeloftes van God se Nuwe Verbond, moet jy nie net weet van God se verbond in Jesus Christus nie, nie net glo dat daar ‘n verbond met God in Jesus Christus bestaan nie – jy moet ook in die verbondsverhouding met God tree deur jou hele lewe te verruil vir die lewe van Jesus Christus. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Hoe kan ons as gelowiges nog steeds vreemdelinge wees ten opsigte van God se verbond? Wat beteken ‘n verbondsverhouding met God deur Christus? Het jy al in ‘n verbondsverhouding met God getree?

 Woensdag 9 Junie 2021 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:05:16

'n Bemoedigende boodskap uit Eksodus 16 met die tema: "Ongehoorsaamheid gewortel in vrees."

 Sondag 6 Junie 2021 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:31:40

Lees: 2 Sam 4:4 en 2 Sam 9:1-13. Fokus: 2 Sam 9:1 (OAV). 'n Verbond waarvan jy nie weet of verstaan nie, kan jou nie help nie. Vers 1: "...dat ek aan hom guns kan bewys ter wille van Jonatan?" Guns beteken letterlik in die Hebreeuse: liefdevolle en goedgunstige dade in ooreenstemming met beloftes afgelê. Onkunde aangaande God se verbond is die rede waarom baie van ons ook probeer wegkruip soos 'n Mefiboset en so uitmis op God se besondere guns. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Wat behels die guns van God? Hoekom ervaar ons baie keer so min van God se guns in ons lewens? Verduidelik die redes waarom ons ook probeer wegkruip soos ‘n Mefiboset en so uitmis op God se besondere guns.

 Woensdag 2 Junie 2021 Christiaan Mulder | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:07:23

'n Bemoedigende boodskap deur ouderling Christiaan Mulder.

 Sondag 30 Mei 2021 Stephan Briel | File Type: audio/mpeg | Duration: 00:31:31

Lees: Gen 15:1-21. Fokus: Gen 15:18. God bevestig sy belofte-woord met die verbond. ‘n Verbond is ‘n eensydige, onvoorwaardelike, onherroeplike en onverbreekbare verbintenis voor die HERE wat geldig is tot die dood en selfs vir opeenvolgende geslagte. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Wat beteken dit dat ‘n verbond ‘n eensydige verbintenis is? Wat is die verskil tussen ‘n verbond en ‘n kontrak? Waarom is kennis van die HERE se verbond met ons so belangrik?

Comments

Login or signup comment.