Sondag 27 Junie 2021 Stephan Briel

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke show

Summary:
Lees: Joh 20:19-25.
Fokus: Joh 20:21.

Gelowiges is ambassadeurs van Christus.

1. Hoe het ons ambassadeurs geword?

Hierdie vrede in vers 21 dui op die beginpunt van ‘n nuwe lewensorde: Die oorwinning is behaal, die prys is betaal, die dood en sy magte is oorwin.

Na Christus se kruisiging en opstanding kom woon die Heilige Gees in God se kinders (v 22) en bemagtig ons as ambassadeurs.

2. Die eise van ambassadeurskap.

Christus stuur ons uit in die wêreld as sy ambassadeurs om sy Koninkryksbeleid te proklameer en so sy krag en heerskappy op aarde vry te laat.

Om dit te doen, moet ons ophou om soos toeriste te dink maar soos ambassadeurs.

‘n Ambassadeur handhaaf kontak en kommunikasie met sy regeringshoofkwartier.

Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

Wat beteken die “vrede vir julle” in vers 21?

Wat is die verskil tussen ‘n ambassadeur en ‘n toeris?

Wat beteken dit dat ons ambassadeurs van God se koninkryk op aarde is?