Sondag 26 Julie 2020 Stephan Briel

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke show

Summary:
Lees: Ef 6:10-20.
Fokus: Ef 6:12 (OAV).

Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die duiwel en sy bose magte.

Die duiwel het allerhande “listige aanslae” (geslepe planne) op regerings en mense om hulle daarmee te mislei.

“Kragte” het beide 'n fisiese sigbare en 'n onsigbare geestelike kant. Onsigbare demoniese geeste verpersoonlik hulleself in geloofsisteme wat dan tot uitdrukking kom in politieke sosiale strukture van diskriminasie en verdrukking.

Die duiwel rig ook vestings op in gelowiges se denke: 'n Valse manier van dink wat die doel het om jou weg te lei van God se plan vir jou lewe.

Die eerste manier waarop Satan 'n vesting in ons denke oprig is deur “redenasies” (2 Kor 10:4).

Toets elke gedagte wat by jou opkom aan God se waarheid vir jou in Christus en moenie in jou denke plek gee aan die leuen nie (2 Kor 10:5).

Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

Hoe kom demoniese magte en kragte tot uitdrukking in ons fisiese wêreld?

Waar is die hoofslagveld van ons geestelike stryd teen Satan en sy bose magte? Hoekom is dit so?

Verduidelik hoe Satan 'n vesting in ons denke oprig deur “redenasies”.

Watter verantwoordelikhede het ons in die geveg teen Satan? (2 Kor 10:5b)

Video beskikbaar by https://www.youtube.com/watch?v=uGEXJasxWWg