Sondag 1 Maart 2020 Stephan Briel

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke show

Summary:
Lees: Rom 6: 1-14 (1933/53 Vertaling). Fokus: Rom 6: 11, 12..

Oorwinning oor sonde.

1. In Christus is jy vir die sonde dood.

 Baie Christene probeer vir die sonde sterf terwyl hulle alreeds dood is vir die sonde in Christus.

By jou wedergeboorte, toe jy gekom het tot geloof in Jesus Christus, het jy gesterf.

 Die dood van jou ou-self het formeel jou verwantskap, jou identifisering, jou verhouding met sonde beëindig – maar dit het nie die bestaan van sonde hier op aarde beëindig nie.

2. Glo jou posisie in Christus.

 Solank jy nog glo dat jy ‘n sondaar is wat nie anders kan as om te sondig nie – dan sal jy ook lewe as ‘n slaaf van die sonde.

 As jy glo jy is alreeds in Christus dood vir sonde – dan sal jy ook instaat wees om jou optrede te verander sodat die sonde nie meer in jou liggaam heers nie.

 As ons kies om die waarheid te glo, sal ons vrugtevolle lewens lei in die krag van die Heilige Gees.