Sondag 13 Maart 2020 Stephan Briel

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke show

Summary:
Lees: Luk 23:26-43.
Fokus: Luk 23:34.

Die eerste kruiswoord: Christus bid vir uitstel.....nog genadetyd!

“Rondom Paasfees dink ons weer aan die sewe kruiswoorde wat Jesus Christus in sy laaste ure aan die kruis gesê het. In die kruiswoorde vind ons die volle vervulling van God se offer en die volle uitdrukking van sy liefde.

Die kruiswoorde is versprei deur die Evangelies. Drie elk is in Lukas en Johannes opgeteken, terwyl een in Markus en Matteus is. Hierdie sewe kruiswoorde is tussen Jesus se kruisiging en sy sterwe opgeneem. In die woorde sien ons Jesus se menslikheid en sy Goddelikheid raak.

Die eerste drie kruiswoorde het Jesus tussen nege-uur en twaalfuur uitgespreek. In dié drie praat Jesus met die mense rondom Hom. Hierin druk Jesus sy liefde op ’n besondere wyse uit vir mense wat in nood verkeer.

Tussen twaalf en drie-uur toe dit donker geword het, het daar geen kruiswoorde opgeklink nie. Na drie ure duisternis het Jesus teen drie-uur sy eie nood beklaag en hoor ons sy geestelike en fisiese worsteling. Dié vier laaste kruiswoorde is aanhalings uit die Ou Testament. Deur hierdie tekste op Homself van toepassing te maak, wou Jesus tot op die laaste oomblik die ongelowige Jode oortuig dat Hy die Messias is wat sou kom. Met sy laaste woorde sien ons Jesus se absolute vertroue in sy Vader. Jesus het gesterf soos hy gelewe het, deur homself in God se hande te plaas.” (Die sewe kruiswoorde – Kruispad e-tydskrif)

Die eerste kruiswoord – Lukas 23 vers 34: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!”