Sondag 19 Februarie 2023 Stephan Briel

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke show

Summary:
Lees: Kol 2:6-15.
Fokus: Kol 2:7 (1953 AV).

Bergbron missie: Groei tot volwassenheid om meer soos Jesus te wees (vlak 2 dissipelskap).

(Bergbron visie: ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en Bevryding)

Die tweede doel van dissipelskap is om God se doel van heiligmaking te aanvaar en te groei om meer soos

Christus te wees. Dit beteken:

Verstandelik – begelei Christene om hulle denke te dissiplineer om God se waarheid in Christus te glo.

Geestelik – help hulle om te leer hoe om te wandel volgens die Gees en deur geloof.

Emosioneel – help hulle om ontsla te raak van die emosionele wipplank deur hulle gedagtes te fokus opGod in plaas van op hulle omstandighede.

Wil – bemoedig ‘n vlak 2 dissipel om selfbeheersing aan te leer.

Verhoudings – daag hulle uit om persoonlike probleme op te los deur ander te vergewe en vergifnis te soek.

Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

Watter vlakke van dissipelskap kan jy onderskei volgens Kol 2:6-10 en wat beteken elkeen?

Waar is die hoofslagveld waar die stryd gevoer word teen Satan en al sy magte?

Wat is die eerste stap om te kan beweeg tot ‘n vlak 2 dissipel wat groei tot volwassenheid in Christus?

Op watter vlak van dissipelskap is jyself en ‘n persoon wat jy begelei as dissipel? Hoe weet jy watter vlak jyself is en ‘n persoon wat jy begelei?