Sondag 5 September 2021 Stephan Briel

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke show

Summary:
Lees: Jos 6:1-21.
Fokus: Jos 6:2,3.

Geloof wat hindernisse laat val.

Die Here belowe in vers 2 dat Hy alreeds Jerigo in Josua se hande oorgegee het (perfektum tydsvorm).

1. Hindernisse wat geloof laat val.

Veertig jaar terug reageer 10 verkenners met ‘n selfgerigte lewe en rapporteer: “Nee, ons kan nieteen daardie mense optrek nie, want hulle is sterker as ons”(Num 13:31).

‘n Selfgerigte lewe laat jou terugval in ‘n eentonige roetine bestaan van oorlewing.

2. Geloof wat hindernisse laat val.

Vir 7 dae het hulle in stilte gefokus op die Here se teenwoordigheid en dat Hy belowe het datJerigo alreeds in hulle mag is.

Jy moet eers glo dat God se beloftes vir jou waar is in Jesus (2 Kor 1:19,20) voordat jy dit sal ontvang.

Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

Watter hindernis het die Israeliete 40 jaar tevore verhinder om die beloofde land in te neem?

Wat is baie keer die gevolg van ‘n selfgerigte lewe? (Num 14:2-4)

Hoekom moes die Israeliete eers vir 7 dae om Jerigo loop voordat die mure inmekaar gestort het?

Hoekom moes hulle in stilte agter die ark loop om Jerigo? (vgl Jos 6:10,11)