Sondag 3 Oktober 2021 Stephan Briel

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke show

Summary:
Lees: Matt 8:14-17.
Fokus: Matt 8:16,17.

Jesus het ons lyding op Hom geneem en ons siektes gedra.

Jesus het met sy koms na die aarde nie net geestelik versoening kom doen vir ons sondes nie, maar ook die fisiese implikasies van die sonde op Homself geneem.

“Ek is die HERE wat jou gesond maak” – Jahweh Rapha (Eks 15:26).

Die inhoud van Jesus se prediking: Die Koninkryk het naby gekom.

“Genadegawes van gesondmaking deur die een Gees” (1 Kor 12:9) – want Jesus het ons lyding opHom geneem en ons siektes gedra.

Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

Wat beteken die volgende vir jou: “Hy het ons lyding (krankhede) op Hom geneem, ons siektes het Hy gedra” (Mat 8:17)?

Watter implikasie het Jesus se boodskap dat die Koninkryk het naby gekom op genesing van siekes?

Het jy al die Heilige Gees se “genadegawes van gesondmaking” beleef?